Local news
Damme loop oor na goeie reën
Swaar reën bring verligting na Hoedspruit met damme wat oorloop en riviervlakke wat gestyg het, nadat meer as 150mm reën in sommige gebiede aangeteken is.

LIMPOPO – Die Hoedspruit-omgewing het die afgelope week goeie reën ontvang met verskeie damme wat oorloop en riviere wat afkom.
Die lugfoto’s is geneem deur plaaslike gyrocoptervlieënier, Tom van der Meulen. Van der Meulen het teen druktyd Maandag gesê hy het sedert die begin van die seisoen reeds 383mm by sy huis op Kampersrus gemeet, maar sê reënval is wisselvallig in die gebied. By die Klaseriedam is daar verlede week meer as 150mm gemeet en die dam het Sondagaand begin oorloop.

Maandag het Johann du Preez op die Limpopo Reënval WhatsApp-groep gesê Hoedspruit se dorp het in die laaste 24 uur 50mm gehad, maar dat neerslae tussen 18mm en 110mm wissel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.