Local news

Tzaneen-dokter in intensief na pofadder

Ortopediese chirurg dr. Alex Revelas is in intensiewe sorgeenheid nadat hyop sy plaas deur 'n pofadder gepik is.

TZANEEN – Dr. Alex Revelas, ‘n plaaslike ortopediese chirurg is in die intensiewesorg-eenheid na hy op sy plaas deur ‘n pofadder gepik is.

Die voorval het laat Saterdagaand op Revelas se plaas naby Thabazimbi plaasgevind. Hy is Sondagoggend van Thabazimbi Mediclinic met ‘n helikopter na die Kloof Hospitaal in Pretioria oorgeplaas.

Volgens Laura, Revelas se vrou, is haar man gered omdat hy reeds by die Thabazimbi Mediclinic ‘n teengif kon ontvang voor hy oorgeplaas is.

Jennifer Visagie van dr. Revelas se spreekkamer op Tzaneen, het Dinsdagmiddag aan die Herald bevestig dat hy steeds in die intensiewesorgeenheid is en dat die dokters sy toestand deurlopend noukeurig dophou.

“Die pasiënte en prosedures wat by dr. Revelas vir die nabye toekoms geskeduleer is, is uitgestel en enige noodgevalle word deur die ongevalle-eenheid by Tzaneen Mediclinic hanteer,” sê sy.

“Daar is baie oproepe van mense wat omgee vir dr. Revelas. Laura is by hom in die hospitaal, maar op die oomblik glo ek nie sy familie kry kans om al die oproepe te neem of aan almal terugvoer te gee nie, hy is egter in baie goeie hande,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button