Vossie-redenaars hou skool se naam hoog
Die Vossies is na afloop van die kompetisie gelukgewens met hulle onberispelike gedrag en goeie maniere.
TZANEEN – Dertig Vossie-redenaars het Dinsdag, 15 April hul skool se naam hoog gehou tydens die eerste ronde van die Limpopo Noord-streeksrondte in die ATKV-redenaarskompetisie wat by Merenky Landbou Akademie aangebied is.
Sewentien sprekers het aan die voorbereide Afrikaanse Huistaal-afdeling deelgeneem en agt Engelse sprekers het aan die Afrikaanse Addissionele Taal-afdeling deelgeneem.
Vier spekers het die moed gehad om die onvoorbereide afdeling aan te pak.
Die sprekers was goed voorbereid en die Vossies is na afloop van die kompetisie gelukgewens met hulle onberispelike gedrag en goeie maniere.
Die uitslae van die kompetisie sal eersdaags op ATKV se webtuiste beskikbaar wees.





