Local news

Tzaneen-vrouegholfdag slaan R69 500 vir kanker

Altesaam 80 vroue het deelgeneem aan die derde jaarlikse vrouegholfdag by Tzaneen Buiteklub, wat fondse ingesamel het vir drie kankerpasiënte.

TZANEEN – Geskiedenis is op 4 September gemaak to 80 vroue tydens die derde jaarlikse vrouegholfdag by die Tzaneen Buiteklub afgeslaan het.

Gholf met ‘n doel

“Vanjaar het ons besluit om die gholfdag aan te bied ten bate van drie mense in ons gemeenskap wat teen kanker veg.

“Ons het altesaam meer as R69 500 ingesamel vir die goeie doel en is trots daarop dat ons vir elkeen ongeveer R23 200 kon oorbetaal om hulle by te staan met die koste van hul stryd teen kanker,” sê Ivy Engelbrecht van Consult by Momentum, die dag se organiseerder.

Op soek na Mev. Pienk Voël se goue eiers

Die formaat van die dag was American scramble en hoewel die spel kompeterend was, is daar geen amptelike wenners aangewys nie.

Die grootste pryse het gegaan aan die spanne wat die goue eiers kon vind wat op die baan weggesteek was en dit veilig aan die dag se gelukbringer, Mev. Pienk Voël, kon terugbesorg.

Pryse is uitgeloot deur ‘n gelukkige trekking tydens die prysuitdelingsgeleentheid.

Muhluri Sedibe verdien ‘n spesiale vermelding wat ‘n uitstekende dag op die baan saam met haar spanmaats gehad het.

‘n Glinsterende bydrae

‘n Silwerring met ‘n totaal van 2 kt moissanitstene, geskenk deur Von Moi, is opgeveil om ‘n addisionele R4 500 tydens die geleentheid in te samel.

Chantel Robinson en Ivy Engelbrecht (organiseerder).

Borge en gewers kry hul blomme

Die organiseerders het die hoofborg, Modus Daimler Trucks Polokwane, asook elke speler, span en plaaslike sakeonderneming wat ‘n skenking gemaak het, ‘n bof, ‘n geskenk of prys geborg het, bedank.

“Sonder jul bydraes en goeie gees sou die dag se geldinsameling nie moontlik gewees het nie,” sê Engelbrecht.

2027 belowe nóg groter pret

Die vrouegholfdag beoog om in 2027 net groter en beter te wees, en vroue wat op die komitee wil dien om die volgende geleentheid te organiseer, kan ‘n boodskap stuur aan Engelbrecht by 078 577 2861 of die Ladies Annual Golf Event se Facebook-blad op sosiale media volg.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button