Schools

Plasies wys hul agrispiere by jeugskou

Merensky Landbou Akademie het namens Limpopo Jeugskou die Letaba Jeugskou by die Letaba Skou op 9 en 10 Augustus aangebied.

‘n Totaal van 86 deelnemers van Limpopo, Gauteng en Mpumalanga het deelgeneem met 71 Plasies wat in die elf afdelings deelgeneem het. Rouxné Schnettler is die algehele senior wenner van die skou. Die Letaba Jeugskou dien as voorbereiding vir die Plasies se skouspan wat op Clanwilliam van 29 September tot 5 Oktober gaan deelneem aan die Nasionale Jeugskou. In die senior vleisbeeste-afdeling vat Natacha Badenhorts die eersteplek en Jannes Jacobs is in tweedeplek. Ina-Méri Burger vat vierdeplek en DJ Basson is in die vyfdeplek.

Ansoné Meyer vat tweedeplek in die junior vleisbeeste-afdeling en Shandré Grobler is in derdeplek. Leandri Smit is in vierdeplek en Carli Smit is in vyfdeplek. In die varke-afdeling verdien Zohané van Eeden eersteplek en Chloë Theron vat tweedeplek met Clarette Spies in die derdeplek. In die senior boerbokke-afdeling is Meliné Roux in die eersteplek en Tamar Kellerman is in tweedeplek. Lexi Erasmus plaas derde en Liesl Grobler is in die vierdeplek. Nathan Janse van Vuuren vat eersteplek in die junior boerbokke-afdeling.

Laila le Roux vat tweedeplek in die junior melkbokke-afdeling met Abby Koekemoer in derdeplek en Karla Marx in die vyfdeplek. Risima Muhlari vat tweedeplek in die senior melkbokke-afdeling en Dorey Burger vat derdeplek. James le Grange vat vierdeplek in die afdeling en Ebbey Burger is in die vyfdeplek. Tess-Mari van Rooyen is eerste in die junior vleisskape-afdeling en Stefan Greyling vat tweedeplek. Neo Modjela vat eersteplek in die senior vleisskape-afdeling en Stephen-John Walker vat tweedeplek.

Lees ook: Plasies hou stokke hoog

Molepo Ramawele is in die derdeplek en Lethabo Maapolela vat vyfdeplek. Hano Potgieter is eerste in die senior wolskape-afdeling met Simoné Schonken in tweedeplek en Adelia Schonken in derdeplek. In die junior wolskape-afdeling is Isabelle van der Merwe in die eersteplek. Dylan Jacobs vat eersteplek in die junior konyneafdeling en Benita Cronjé vat tweedeplek. Rouxné Schnettler behaal eersteplek in die senior konyne-afdeling met Nina Erasmus in die tweedeplek en Andrea van Deventer in die derdeplek.

Dylan Pretorius wen die junior pluimveeafdeling en Wikus de Bruin wen die senior pluimvee-afdeling. Elsje van Eck vat tweedeplek, Amoré Coetzee vat derdeplek en Bernard Louw en CJ Meintjies vat vierde- en vyfdeplek, onderskeidelik. Nic de Beer wen die senior afslaersafdeling, met Pierre le Roux en Dian Schnettler in tweede- en derdeplek, onderskeidelik. Paul Kruger wen die junior afslaersafdeling.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button