LettersOpinion

TZANEEN: Glybaan 3 steeds haglik, wie is in beheer?

Kan iemand vir ons duidelikheid gee oor presies wat by Glybaan 3 aangaan?

Johan Nel van Tzaneen skryf:

Kan iemand vir ons duidelikheid gee oor presies wat by Glybaan 3 aangaan?

Wie is in beheer? Waarheen gaan die geld?

Wie pas dag-tot-dag bestuur toe?

Ek het die naweek vir die eerste keer in ‘n lang tyd my bootjie gehak en glybaan 3 toe gery.

By die hek aangekom is ek gevra om ‘n bedrag geld te betaal. Geen probleem.

Die onvriendelike, bombastiese hekwag wou sommer summier die geld uit my hande neem, maar ek het aangedring op ‘n kwitansie.

Ek het onmiddellik opgemerk dat hy ‘n kwitansie uitskryf sonder deurslagpapier in die boekie.

Daar sal dus geen bewys wees van my betaling nie. Toe ek vra hoekom hy nie deurslagpapier gebruik nie, was sy antwoord dat ek hom nie moet leer om sy werk te doen nie.

Ek het hom gevra vir ‘n telefoonnommer van iemand vir wie hy werk sodat ek die prosedure kan bevestig.

Sy antwoord was ‘n onbeskofte:

“I work for myself. You can phone me if you have a problem or you can take your boat elsewhere”.

Ek wou nie my kinders teleurstel nie, so ons is toe maar in.

Binne was dit vuil en onversorg en ‘n luidrugtige partytjie van ‘n groot groep mense toe ons later die middag van die dam af kom het my laat besef dat glybaan 3 my nie weer sal sien nie en net nog ‘n plek is wat verlore is vir ordentlike, opgevoede mense wat ‘n rustige openbare plekkie wou geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button