Sport

Rolbalklub spog met beste spelers

Tzaneen Rolbaklub het Saterdag trofeë oorhandig aan hulle kompetisiewenners en ‘n nuwe bestuurskomitee verkies.

Die nuwe klubpresident, Allen Brett, het Sarie Vermaak vereer met die ‘Klublid van die Jaar’-toekenning. Die toekenning gaan aan die lid wie se toewyding en diens die klub verwagtinge oortref.

Sarie het deur die jaar gesorg dat daar ‘n ontbyt en heerlike etes voorgesit word tydens klubkompetisies en het ook as skakelbeampte met die plaaslike media die klub se naam hoog gehou.

Stoffel Vermaak het die trofee gewen vir die beste klubprestasie in die mansafdeling en Sue Morrison het die trofee gewen vir beste klubprestasie in die vroue-afdeling.

Stoffel wen ook die opemansenkelspelkompetisie en Sue het die opevroueenkelspelkompetsie gewen. Stoffel wen ook die gemengdeenkelspelkompetisie. Theodore Wolmarans het die trofee gewen vir die nuwe speler wat die meeste verbeter het.

Lees ook: Opwindende spel sorg vir groot genot by rolbalklub

Hy ontvang ook die trofee vir sy oorwinning in die mansenkelspel voorgeekompetisie wat in Februarie plaasgevind het.

Sue wen die damesenkelspelvoorgeekompetsie se trofee. In die driespelafdeling wen Robbie Kruger, Peter Mohale en Sarie Vermaak die trofee in die gemengde-klubkompetisie. Sue en Joan Bisset wen die dames dubbelspel kompetisie en William Cliengen en Peter Mogale wen die mansafdeling.

Sarie Vermaak ontvang die Klublid van die
Jaar-toekenning by die nuwe president van
die Tzaneen Rolbalklub, Allen Brett.

Stoffel en Sarie wen ook die geselekteerde gemengde dubbelspelkompetisie. Ally Morrison wen die senior enkelspelkompetisie en Terry Morgan vat die trofee huis toe in die vroue-afdeling.

Robbie Kruger en Willie Jonker wen die geselekteerde mansdubbelspelkompetisie en Sue en Sarie vat die eersteplek in die vroue-afdeling. Ally wen die trofee vir die twee-rolbalenkelspelmanskompetisie en Sue wen die vrouekompetisie.

Jovani Katrakazas wen die mansenkelspelbeginnerskompetisie en Ansie Taute wen die vroue-beginnerskompetsie. Allen Brett is verkies as die nuwe klubpresident.

Carel Kruger, Joan Bisset, Elsje Beyer, Philip Fourie, Theo Wolmarans, Bertie Nel, Gareth Spaumer en Frans Kruger is gekies om op die komitee te dien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button