Clayton wen groeperingskiet
Die Bosveld Jagters Vereniging (BJV) se groeperings skietdag was aangebied op 4 Oktober. Meer as 1 200 teikens geskiet oor twee dae.
DIE Bosveld Jagters Vereniging (BJV) se groeperings skietdag was aangebied op 4 Oktober.
Meer as 1 200 teikens geskiet oor twee dae.
Clayton Wiggell het die dag gewen met ‘n groepring van 1.98mm wat dit die beste maak in die geskiedenis van die kompetisie.
Wat nog meer merkwaardig is, is dat daar onder die eerste 7 plekke geskiet is met ‘n groepering van minder as 5mm.
Die wenners in die ope kompetisie oor 100mm met hulle groeperings getal is: 1ste, Clayton Wiggell 1.98mm, 2de, Pat Bester 3.02mm, 3de, Swarita Cronje 3.11mm, 4de Hanlie Goosen, 4.55mm, 5de, Francois Malan, 4.91mm, 6de, Hennie Grobler, 4.92mm, 7de, Johnny Rech, 4.99mm, 8ste, Quinton Reynolds, 6.67mm, 9de, Eugene Stoltz, 6.70mm, Andre Jonnker, 7.73mm.
In die oop visier in die 1ste plek is Ampie du Toit, 26.98mm, 2de, Karel van der Merwe, 29,73mm, 3de, Francois Malan, 33.60mm.
Die wenners in die handwapen senter slag was Alwin Fleichmann die senior wenner met 16.12mm en die junior wenner was Jahdin Fleichmann met 28.18mm.
Die senior wenner in die Handwapen rand slag was Bosman Kruger met 16.27mm en die junior wenner was Joubert Fleichmann met 28.18mm.
In die .22 afdeling is die senior wenner aangewys as John Fuhri met ‘n groepering van 2.40mm. 1ste plek 0/14 was brett Richter met 4.31mm en in die 0/10 afdeling was die wenner Dry Jonker met ‘n groepering van 4.08mm.
In die boog afdeling is die wenner Heidi Hanazeck Kruger, Intermediate, Wiehan Edwards en Cubs, Werner van Dyk.
In die windbuks afdeling is die senior wenner Grant Kirkham met ‘n groepering vna 4.30mm. Die junior wenner is Jahdin Fleichmann en die dames wenner, Marushel Wiggill met ‘n groepering van 13.59mm.



