Local sportSport

Perdry kliniek by Doornhoek

Roux Horsemanship kom op 30 en 31 Januarie vir die 2de keer na Doornhoek Equestrian Estate toe.

Roux Horsemanship kom op 30 en 31 Januarie vir die 2de keer na Doornhoek Equestrian Estate toe.

Roux Horsemanship bied klinieke regoor Suid-Afrika aan. Hulle was in Desember 2014 vir ‘n week bespreek met ‘n kliniek by Doornhoek Equestrian Estate.

Hulle bestaan uit Bertie Roux en sy seun, Marco Roux. Hulle het vier jaar in Amerika gewerk en -woon, waar Marco skoolgegaan het en Bertie perde afgerig het in alle dissiplines onder andere Western. Roux Horsemanship is vir die afgelope twee jaar bedrywig in Suid-Afrika en tot dusver is hulle maande vooruit bespreek.

Roux Horsemanship boots geen ander tegniek na nie. Hulle fokus slegs op die liggaamstaal van ruiter en perd en werk daarvolgens en die metode het tot dusver net sukses gehad in die inbreek en hantering van jong of probleem perde, plaaslik asook in Amerika.

Hulle fokus ook op ‘n vertrouingsverhouding tussen ruiter en perd. Die rystyl wat hulle afrig, is hoofsaaklik Western en hulle hou in April 2015 die grootste Western Skou nog by Pretoria se skougronde.

Roux Horsemanship neem ook mishandelde en weggooi perde in en gee hulle met die nodige afrigting en liefde ‘n tweede kans in die lewe. Die skou in April gaan slegs vir liefdadigheid vir alle mishandelde perde daar buite asook om aan die publiek te bewys hoe goed ‘n perd kan wees ongeag sy / haar verlede.

Die kliniekgangers van Desember is regtig baie dankbaar vir die voorreg om ‘n week te kon deel in die kliniek en almal is dit eens dat die deur en deur die moeite werd is.

Skakel Zonya Beukes by 076 758 8866 of Tharina van der Walt by 082 310 3970 vir enige navrae.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button