Local sportSport

The Oaks: Nuwe toerusting

Harde werk en die betrokkenheid van die Letaba Herald, het daartoe gelei dat die kinders van The Oaks se krieketklub, hierdie afgelope naweek die vrugte daarvan begin pluk het.

Die Herald het onlangs berig oor die opdraende pad wat lede van The Oaks krieketklub loop om hul gunsteling sportsoort te kan beoefen.

‘n Gebrek aan behoorlike toerusting en oefen fasiliteite nieteenstaande, oefen hierdie kinders vyf maal ‘n week en speel selfs soms regte wedstryde. Sedertdien het die storie van die Herald omtrént die ronde gedoen en stadig maar seker in die regte rigting gedryf totdat dit eindelik op Feizal Kimmy se tafel beland het.

“Al wat ons wil doen is om krieket te speel. Hierdie nuwe toerusting wat Limpopo Krieket vir ons gegee het sal ‘n ver pad gaan om dit moontlik te maak,” het Cavaan Moyakamela, afrigter en mentor van die klub, gesê.

Limpopo Krieket is deur hulle grootbaas, Feizal Kimmie, sowel as Mikhaela Naudé, ‘n Hoedspruitse lid van die Limpopo Vrouespan, verteenwoordig. Kimmy het die kinders gaan verras met ‘n kar vol splinternuwe toerusting.

Dit was ‘n ongelooflike gesig om te sien hoe kinders vir die eerste keer in hul lewens ‘n eie splinternuwe krieketkolf in ontvangs neem. Almal teenwoordig was baie emosioneel tydens die oorhandiging. Na afloop hiervan het Kimmie sommer sy lyf afrigter gehou en die spelers eers vir ‘n wyle onder hande geneem. Hy was baie beïndruk deur die kinders se vaardighede, veral gesien in die lig van hul agtergrond van geen formele afrigting nie.

“Om te sien hoe krieket sélf wortel skiet en groei in so ‘n veraf plek soos The Oaks is ‘n ongelooflike ding. Mens raak so gewoond aan krieketklubs wat oor die klein dingetjies kla, dat hierdie kinders amper ‘n hou in jou maag is. Limpopo Krieket weet nou van hulle en ons gaan beslis saam met hulle die pad verder stap,” het Kimmie gesê.

Afrigter Cavaan Moyakamela was in sy noppies met die situasie. “Die kinders oefen elke week en speel hulle harte uit. Nou weet ons iemand belangriks by Limpopo hou ons dop. Dit voel nou nie meer asof alles wat ons doen vir krieket net vir ons self gedoen word nie en nou gaan die kinders ordentlik kan oefen,” aldus Moyakamela.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button