BJV bied groeperingskompetisie aan
Die Letabatak van die Bosveld Jagters en Wildbewarings Vereniging (BJV) bied weer hulle jaarlikse gewilde kompetisie die naweek aan.
Die Groeperingskompetisie, een van die grootstes van sy soort in die land, vind dié Vrydag en Saterdag op die BJV Letaba se skietbaan plaas.
Groot pryse is op die spel, onder andere ‘n jaggeweer as eersteprys.
Dit begin Vrydag om 12:00 en duur tot om 16:30. Saterdag begin dit weer om 08:00. Die laaste teikens word om 15:00 verkoop.
Daar word met eie ammunisie geskiet.
Twee splinternuwe afdelings, nl 100m groepering ope klas onbeperk, sowel as 50m uit die vuis vir jagters, is vanjaar deel van die kompetisies.
Kompetisies behels die volgende afdelings:
100m groepering met ‘n teleskoop
100m groepering oop visier
100m groepering ope klas onbeperk
.22 skiet
Kleiduif
Windbuks
50m uit die vuis vir jagters
Handwapen groepering – senter en randslag
Inskrywingsfooie en reëls is beskikbaar op hulle webblad by www.bosveldjagters.co.za
Skakel Francois by 083 269 6477 of Nadia Venter by 071 871 4710 of Phillip Robinson by 083 514 9840 vir meer inligting.



