Local sportSport

Letaba 7’s span tweede by Barzani

Die Letaba 7's span het weer eens hul naam groot gemaak tydens die Barzani 7's toernooi.

Die Letaba 7’s span het weer eens verlede naweek hul naam groot gemaak tydens die Barzani 7’s toernooi in Klerksdorp.

Die manne het reeds Donderdagaand, 28 September, na Klerksdorp vertrek.

Hulle het Letaba se naam hoog gehou toe hulle drie van hulle vier groep wedstryde gewen het om eerste in hul groep te eindig.

Hulle het toe in die Beker Semi-finaal 19-12 teen Westonaria gewen om met Novac Pretenders kragte te meet in die Beker Finaal.

Ongelukkig was die Novac Pretenders te sterk vir Letaba manne. Die Letaba 7’s span het wel tweede uit 18 spanne geëeindig, en daaroor kan almal trots wees.

Die Letaba 7’s span bedank al die borge en ondersteuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button