Local sportSport

Letaba word 41-17 afgeransel

Letaba se eerste rugbyspan het Saterdag, 17 Maart met ‘n slag aarde toe gekom in sy eerste ligawedstryd van die seisoen toe Noordelikes hulle in Polokwane met 41-17 afgeransel het.

Letaba het aanvanklik goed begin en sommer vroeg in die wedstryd agter die tuisspan se doellyn gaan kuier.

Swak verdediging en nog swakker spel in die vaste fasette het egter beteken dat die Groentruie deurgaans onder druk was en te min besit gekry het om enigsins iets teen die aanval uit te rig.

Veral Letaba se lynstane was skokkend en Noordelikes het die ingooie na willekeur oorheers en daar is groot gevaartekens vorentoe as dit nie dringend aangespreek word nie.

Die verdediging sal ook dramaties opgeknap moet word en hoewel daar positiewe spel by tye was, lê daar harde werk voor vir die afrigters.

In teenstelling hiermee het die tweedespan puik rugby gespeel en ‘n aanskoulike en opwindende kragmeting teen Noordelikes met 28-27 gewen.

Die wipplankstryd het verskeie mooi drieë opgelewer en die toeskouers tot met die laaste minuut vasgenael op hul sitplekke gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button