Local sportSport

In Tzaneen gaan alles oor die vlug van die duif

Die Letaba Duiweklub was in 2017 gestig en het met slegs 4 lede begin.

Tans het die duiweklub gegroei tot ‘n sterke 10 lede wat aktief deelneem aan die sport. Die wedvlugduiwe sport dateer baie jare terug.

Die mense het begin deur die afstammelinge van die rotsduif te gebruik as boodskapdraers. Later het die duif hierdie funksie ook in oorlog situasies vervul.

Die dapperste vlugte is deur hierdie geveerde vriende vir die mense se welvaart voltooi. Stukkenden uitmekaar geskiet het hulle by hul bestemmings geariveer en nogtans die lot van talle soldate verlig. Vandag word hulle nogsteeds deur mense gebruik (die doel is egter, een van plesier). Die duiwe moet baie langafstande vol ontbeurings en gevare aflê.

Hulle doen dit met onderskeiding en tot groot bevrediging van die mededingende duiweboere. Wetenskap beskou die wedvlugduif as ‘n klein wonderwerkie.

Met ‘n tolale liggaams massa van ongeveer 0.5kg voltooi ‘n duif ‘n wedvlug van 700 – 1000km binne 10 tot 14 ure met ‘n eindlike massa verlies van maksimum 150g. Die duiwe boer moet hierdie prestasie van die wedvlug duif waardeer.

Hy moet besef dat hy ‘n groot verantwoordelikheid besit om toe te sien dat die duiwe se kondisie voldoen aan die eise wat daar aan hulle gestel word.

Die Letaba Duiweklub se eerste wedvlug skop af op 25 Mei vanaf Petroport en die laaste vlug sal geskied Vrydag 21 September vanaf Virginia.

Daar is groot afstande wat gevlieg gaan word en net so beloop die kostes ook hoog. Graag nooi die Letaba Duiwe Vliegklub alle belangstellende persone, jonk of oud omdeelte word van die klub.

Hierdie sport is waarlik ‘n gesins sport waar die hele familie by betrokke kan wees. Enige persone wat sou belangstel om die wedvlugklub te help met fondse/borge kan gerus in kontak raak met die klub.

Voorsitter: Riaan van Waveren 082 941 7668 of Hannelie van Rensburg 082 319 2858.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button