Local sportSport

Alicia gaan 100km hardloop vir liefdadigheid

“Al het ek arm grootgeword en nie alles gehad nie en selfs na twaalf operasies waartydens ek deurgaans voltyds gewerk het om vir my kinders te sorg, het hardloop my en my gesin gered! Dit het my geleer om nooit tou op te gooi nie, om sterker te wees en om dankbaar te wees vir elke asem."

Tzaneense marathonatleet, Alicia Opperman (36), vertel dat sport nog altyd haar passie was.

“My pa het op ‘n myn in Limpopo gewerk. Eendag het van die volwassenes op die myn wat self gehardloop het, my sien oefen en gevra of ek saam met hulle wil hardloop. So het ek deel geword van ‘n groep mense wat gereeld wedlope gehardloop het. “Ek het altyd kaalvoet gehardloop, maar op ‘n dag het ‘n boer van die omgewing my na ‘n winkel geneem en vir my ‘n paar adidas-hardloopskoene gekoop. Ek het gehuil van dankbaarheid.”

So het sy die titel as Limpopo junior half-marathonatleet agter haar naam geskryf. In 2006, op die ouderdom van 21, het sy gesondheidsprobleme ontwikkel en is gedwing om haar hardloopskoene vir ‘n paar jaar op te hang. Sy is met servikale kanker gediagnoseer en was baie siek. “Ek is in 2008 getroud en ons het gesukkel om swanger te raak. Maar uiteindelik is my oudste seun Ryan in November 2009 gebore.

“My dokter het gesê dat as ek nog kinders wil hê moet ek onmiddellik weer probeer. My seun Dylan is in 2011 gebore, hy was deel van ‘n tweeling, maar die ander baba het nie geleef nie.” Die spanning van ‘n insident waar Ryan – toe twee jaar oud – per abuis gif gedrink het en in die hospitaal beland het, het veroorsaak dat sy met fibromialgie gediagnoseer is. Ryan was vir weke in die hospitaal en sal waarskynlik vir die res van sy lewe behandeling moet kry,” sê sy. 

Lees ook: Kelder completes 90km during Virtual Comrades Marathon

Haar derde seun, JJ, was ‘n groot verrassing. “Maar dit het ook sy komplikasies gehad. Sy geboorte was moeilik maar op ses weke het sy lambdoïed toegegroei, iets wat eers op twee jaar moet gebeur. Hy moes vir ‘n jaar lank ‘n valhelm dra totdat sy skedel herstel het.”

Alicia vertel dat JJ was twee jaar oud toe sy hom na die kliniek neem om ‘n inenting te kry.  “Die suster het my uitgestuur en toe ek terugkom was hy met sy handjies in ‘n vullisdrom. Hy is deur vier naalde geprik en het daardeur hepatitis B opgedoen.” Alicia sê dit het vir haar begin voel of sy besig is om haarself te verloor. “Ek het egter geld gespaar en vir my ‘n trapmeul gekoop. Ek het omtrent 5km ‘n dag gehardloop, maar omdat ek moes sorg vir kos en medikasie, het ek dit op die ou end verkoop,” sê Alicia.

Lees ook: Ultra-marathon to be run to save rhinos

Sowat drie jaar gelede het die bestuurder van die maatskappy waar sy werk gehoor van haar atletiek-loopbaan en weer vir haar ‘n trapmeul en ordentlike hardloopskoene gekoop. “Ek het so hard geoefen vir die 2019 Comrades, maar die dag voor die marathon het ek siek en seer begin voel en het ‘n ernstige blaasinfeksie ontwikkel. Ek het egter gehardloop, maar moes elke paar kilometers stop om badkamer toe te gaan, maar kon darem die resies in 10:59:32 voltooi.” Verlede jaar het sy die virtuele Comrades gehardloop.

“Hardloop is my ontvlugting, dit hou my nederig,” sê Alicia.

Nou pak sy op Saterdag 18 Desember een van haar grootste uitdagings tot nou toe aan. “Ek gaan 100km hardloop ten bate van kinderhuise en ouetehuise in Tzaneen, Phalaborwa, Polokwane, Hoedspruit en Giyani.” Sy gaan poog om die geld in te samel deur borgskappe per kilometer vanaf sakelui, indiwidue en inwoners.

Sy sê atlete en ondersteuners is welkom om by haar aan te sluit vir die dag of ‘n gedeelte van die pad. Sy het ook aansoek gedoen vir twee Guiness-wêreldrekords waarvoor sy nog wag om goedkeuring. Die eerste is om ‘n half-marathon vir die meeste agtereenvolgende dae op ‘n trapmeul te hardloop en die tweede is vir die meeste agtereenvolgende dae vir ‘n pad-half-marathon. Dié dae staan tans op 52 en 75. Ondersteuners wat Alicia se 100km-hardloop wil ondersteun, kan haar kontak by 063 606 5547.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Emelda Tintswalo Shipalana

Tintswalo Shipalana, a journalist for the Letaba Herald, has been in the media industry for over a decade. She started her journey in radio, but ended up in print which is her first love. She joined the Herald newspaper as a cadet in 2016, where she graduated with a journalism qualification from the Caxton Training Academy. She also has a qualification in Feature Writing from the University of Cape Town and a Media Management qualification from Wits University. She is completing her BA Communication Science degree with UNISA. She sleeps well at night knowing she is a voice to the voiceless and her work contributes to promoting local talent, businesses and service delivery. Her love for her community keeps her working hard every day.

Related Articles

Back to top button