Local sportSport

‘Boytjies’ is klub se trots

‘n Handjievol van Letaba Rugbyklub se manne was die afgelope naweek in aksie by ‘n tienmantoernooi in Kaapstad.

Carel O’Neill, Jece Swart, Wikus Swart, CJ Erasmus en Du Toit Hartzenberg het vir die Duka Old Boys se span uitgedraf. “Duka is basies ons rugbyklub as ons nie vir Letaba speel nie,” verduidelik O’Neill, wat as een van die spelers van die toernooi aangewys is en as ‘’kaptein betroubaar” geprys word. “Ek en Jece is al 10 jaar deel van die klub en speel elke jaar ‘n toernooi. Wikus Swart het ook die jaar sy erebaadjie gekry, ‘n eer wat spelers toekom as jy drie toernooie speel,” sê O’Neill.

Volgens O’Neill is hulle dankbaar om deel te wees van die toernooi en was dit ‘n bobaasnaweek van rugby, vriendskap, lag en kuier. Hy deel die toekenning vir die beste drie van die toernooi met Hein Schoeman. Jece is ook as een van die spelers van die toernooi aangewys en word deur die manne as “so betroubaar soos ‘n Hilux” geloof.

Lees ook: FOTO’S: Limpopo Skole Swemkapioenskappe

Hartzenberg word as ‘n speler van die toernooi aangewys met die pluimpie “jonk en talentvol” en Erasmus word deur sy medespelers beskou as “die tipe boerseun wat jy saamneem oorlog toe”.

Spelers wat belangstel om saam met Letaba Rugbyklub te oefen kan Bennie Kruger op 083 635 1731 of O’Neill op 079 693 2292 skakel om deel te word van die plaaslike klubrugbyaksie. Letaba se manne se eerste wedstryd van die jaar sal op 25 Februarie op hulle tuisveld plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button