Local sportSport

Ryers blinkin die epic

‘n Paar bergfietsryers van Tzaneen het die van 19 tot 26 Maart in die Wes-Kaap aan die Absa Cape Epic deelgeneem.

BJ van Zyl het die Epic vir die agtste keer aangepak. “Dit was ‘n uitsonderlike nat jaar met baie reën veral tydens die vierde skof van die uitdaging van Grabouw tot en met die sesde skof in Lourensford in Somerset-Wes,” verduidelik Van Zyl. Vanjaar se Epic het ‘n uitvalkoers van 30% gehad en slegs 516 van die 730 spanne het die uitdaging voltooi.

“Ek is dankbaar om die Epic klaar te maak en dankbaar vir die ondersteuning, veral van my vrou. Dit bly ‘n hoogtepunt, die Epic is die Tour de France van bergfietsry,” vertel hy. Hy en spanmaat, Jaco Kamfer het onder die vaandel van ZZ2 en Laeveld Agrichem die Epic voltooi. Hulle ry die 658km-roete met 15 775m-klim in 48:32.21,1. Alan Gordon en Herman Fourie het as ondersteuningsryers vanjaar ‘n verskil gemaak vir die Insect Science-span.

Lees ook: Cycling couple finishes Amashova Classics

“Ons het die ander Insect Sciencespanlede, Arno du Toit en Keagan Bontekoning, ondersteun met die hoop dat hulle vir die derde keer die  Afrika-mans spesiale trui sou kry,” verduidelik Gordon. Ons kans om te ondersteun het op die derde skof aangebreek toe Keagan ‘n klip slaan en sy voorwiel breek. “Ons kon vir hom ‘n nuwe wiel gee en hulle het die vir die derde jaar die spesiale trui gekry,” vertel Gordon trots.

“Ek en Herman het goed gevaar en het elke dag ‘n goeie tyd gery behalwe op die dag toe ons die voorwiel ingegee het,” sê Gordon. Gordon het die Epic vir die derde keer gery en Fourie het sy eerste Epic voltooi. Hulle vat 38ste plek in hul kategorie en voltooi die Cape Epic in 31:59.45,9. Mark en Moné Pieterse, wat as pa-endogterspan die Cape Epic in 2018 en 2017 voltooi het, moes vanjaar onttrek weens tegniese probleme.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button