Local sportSport

Balle rol tydens Eiland-borgdae

Die Eiland Spa Rolbalklub se wintervakansieprogram het Saterdag die halfpadmerk bereik met nege van die 18 wedstryde agter die rug.

“Daar is twee wedstryde gespeel waaraan 72 spelers in 24 spanne deelgeneem het, met aansteeklike spangees en entoesiasme,” vertel Johan Scheepers, woordvoerder vir die Eiland Spa Rolbalkub. Die wenners van die dag se wedstryde is Leon van Dyk, Estelle de Beer en Corna Visser se span. Theo Els, Sharon Camble en Sonja Struwig vat tweedeplek in die kompetisie en Leon Pieters, Marie Gouws en Adrie Lamprecht se span is derde.

Die Eiland Spa het die dag se spel en pryse geborg; hulle borg ook die uiters gewilde jaarlikse Sitrus Toernooi wat in Augustus aangebied word. “Ons is baie dankbaar teenoor Die Eiland Spa vir die instandhouding van die rolbalbaan asook vir die groot werk aan die perk wat jaarliks ná die seisoen gedoen word teen groot koste,” sê Scheepers. Johan van Backström (82) is reeds 39 jaar ‘n gedugte rolbalspeler en het ook verlede week die klub se mansenkelspelkompetisie vir die tiende keer gewen.

Lees ook: Balle rol by die Eiland-rolbalkub

Sy medespeler het hom staande toegejuig tydens die prysuitdelingsfunksie. Hy is reeds sedert die ontstaan (2004) en ingebruikneming van die Eiland Spa Rolbalklub (2006) betrokke by die wintervakansieprogram. Van Backström is ‘n gedugte teenstander; hy was reeds 36 keer in eindstryde betrokke as individu en as lid van verskeie spanne.

“Ouderdom vernietig nie talent nie! Johan verteenwoordig ook Mpumalanga in verskeie kompetisies en was ook verskeie jare lid van die veteraneinterdistriktespan. Johan is beskeie oor sy prestasies. Hy is dankbaar vir gesondheid, geleenthede en vermoëns wat hy as genade van Bo beskou,” sê Scheepers.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button