Local sportSport

Speke sing by Mango Mania

Die Mango Mania-bergfietswedren is 'n hoogtepunt op die plaaslike fietsrykalender en vanjaar het meer as 340 fietsryers die 70km-, 35kmen 15km-roetes aangepak.

In die 15km-wedren vat Aron van den Borre die algehele eerste plek met ‘n tyd van 35:40.3. Hy wen ook die o/12-afdeling. Musa Chauke (o/12) vat tweede plek en Ido Peatzold vat derde plek. Jordana Morgan wen die vroueafdeling met Nelda Strijdom (o/12) in tweede plek. Anika Volgraaff is in die derde plek. Marlize Shields wen die o/10-meisiesafdeling en Logan de Greave wen die seunsafdeling. Op die 35km-roete het Henro van der Walt koning gekraai met ‘n wentyd van 1:11:02.6. Hy wen ook die seunsjeugafdeling. Gordon Noel is in die tweede plek en wen die junior seunsafdeling.

Waldo Strijdom vat die derde plek. Marlo van der Walt wen die sub-junior seunsafdeling in 1:26:32.9. Chantelle Gouws wen die vroue-afdeling en die meisiesjeugafdeling. Dané Strijdom vat tweede plek en Anke Rood vat derde plek. Rood wen ook die junior meisiesafdeling. Elané Visser wen die sub-junior meisiesafdeling met Kristen Thompson in tweede plek en Ilana Lubbe in derde plek. André van Deventer wen die elitemansafdeling en Rohan Beukes wen die subveteraanmansafdeling.

Lees ook: ‘Manic’ mango mania ride

Tammy Trueman is die eerste subveteraan oor die eindstreep in die vroueafdeling en Soretha Lubbe wen die vroueveteraanafdeling. Kayden Venter wen die elitevroueafdeling en Marinda Venter wen die vrouemeestersafdeling met Andra Thompson die grootmeesterafdeling wen. Christo du Plessis wen die veteraanmansafdeling en Werner Visagie wen die meestermansafdeling. Piet Enslin wen die grootmeesterafdeling.

Werner Malan wen die e-fietswedren en Esmé van der Schyff wen die vroueafdeling. Komborero Bere is eerste oor die eindstreep in die 70km-wedren. Hy voltooi die roete in 2:24:18.7 en wen ook die elitemansafdeling. Marx Dunne is in die algehele tweede plek en wen ook die meestermansafdeling. Janco Peens is in die algehele derde plek.

Lees ook: Get ready for the Mango Mania MTB Challenge 2020

Pierette Labuschagne is die eerste vrou oor die eindstreep met ‘n tyd van 2:54:06.3. Sy wen ook sodoende die vrouemeestersafdeling. Elsa de Beer is in die tweede plek en wen ook die vroueveteraanafdeling. Chantal Weyers vat die algehele derde plek en wen die subveteraanafdeling. Charné Bruce wen die elitevroueafdeling en Hannes Malan wen die subveteraanmansafdeling. Bill Noel wen die veteraanmansafdeling. Stuart Woodhead vat eerste plek in die e-fietsresies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button