Local sport

Larries se krieketspelers swaai die wilgelat in halfeindstryde

Laerskool Tzaneen het verskeie halfeindstryde in die Laerskole Limpopo Krieketliga gespeel, met deurgaans indrukwekkende vertonings.

TZANEEN – Laerskool Tzaneen het op 5 September verskeie halfeindstryde in die Limpopo-laerskolekrieketliga gespeel.

Die o/10-span het teen Laerskool Krugerpark, die o/11-span het teen Laerskool Ellisras en die tweede span het teen Laerskool Thabazimbi gespeel.

Tydens die o/10-wedstryd by Mitchell House in Polokwane, kolf Tzaneen eerste en sit ‘n telling van 158/6 in 25 boulbeurte op die bord. Tzaneen boul Krugerpark uit vir 48 lopies.

Uitblinkers in die wedstryd was Handré Pohl, hy teken 63 lopies van 64 balle aan en neem twee paaltjies vir die verlies van 7 lopies in drie boulbeurte. Righardt Vorster teken 29 lopies van 42 balle aan en Ruan Nolte neem twee paaltjies vir die verlies van 1 lopie in een beurt.

Die o/11’s het op Mokopane teen Laerskool Ellisras gespeel. Ellisras kolf eerste en teken 116/7 in 25 beurte aan.

Laerskool Tzaneen teken 120/1 in 15 beurte aan. Tzaneen wen met nege paaljties. Uitblinkers was Rion Opperman wat 45 lopies aanteken, nie uit nie, sowel as Retief Stander, wat 30 lopies, nie uit nie, aanteken. Kobus Geldenhuys neem twee paaltjies vir die verlies van 11 lopies in vyf beurte.

Die tweedes speel in Warmbad. Tzaneen kolf eerste en teken 190/3 in 25 beurte aan. Tzaneen boul Laerskool Thabazimbi almal uit vir 66 lopies. Tzaneen wen met 124 lopies.

Uitblinkers in die wedstryd was MJ Perold wat 67 lopies van 77 balle geslaan het, Lian Koekemoer met 44 lopies van 38 balle en MJ Pieterse met 42 lopies van 29 balle. AD Nolte neem 5 paaltjies vir 27 lopies in vier boulbeurte en Hanco Boshoff neem drie paaltjies vir 9 lopies in twee boulbeurte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Tanaiya Lees

Tanaiya Lees is the Digital Coordinator for the Polokwane Review-Observer and the Letaba, Phalaborwa, Hoedspruit, Mopani, and Regional Herald. She holds a Diploma in Journalism, and a BA in Communications and Psychology. With an interest in storytelling and a strong commitment to accuracy, her goal is to produce high-quality content that truly connects with readers. She aims to amplify the voices of those who need it most, shine a light on important issues, and inspire meaningful conversations. Tanaiya firmly believes in the power of journalism to effect change and is dedicated to being a part of that change.

Related Articles

Back to top button