Local sport

Merensky-swemmers wen Mopani-interhoër in Tzaneen

Merensky het 56 goud-, 22 silwer- en sewe bronsmedaljes ingepalm, en vier van sy aflosspanne het ook nuwe rekords opgestel by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen.

TZANEEN – Merensky se swemmers het op Dinsdag, 15 September, behoorlik uitgeblink tydens die Mopani-interhoër by Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen.

Punte en trofeë vir die Plasies

Die Plasies is as die algehele wenners gekroon met ‘n indrukwekkende 1 899 punte, voor Ben Vorster met 1 716 punte en Pietersburg Hoërskool met 1 380 punte.

Merensky het boonop die trofeë vir die beste seunspan én beste meisiespan ingepalm.

‘n Oes van medaljes en rekords

Die medaljes het behoorlik ingestroom met 56 goud, 22 silwer en sewe brons. Verskeie Plasies het ook nuwe rekords opgestel.

Ella Janse van Rensburg het drie rekords laat spat, terwyl Milan Ferreira ook drie nuwe rekords opgestel het.

Janco Moller en Carmé Louw het elk twee rekords verbeter, met Lizé de Wet, Marny du Plessis, Ettiene Tröger en MJ Pohl wat ook hul name in die rekordboeke geskryf het.

Vier van Merensky se aflosspanne het ook nuwe rekords opgestel.

Individuele uitblinkers

Merensky se individuele uitblinkers was Ella – senior Victrix Ludorum en hoogste Hy-Tek-punte vir senior meisies, Ettiene  – senior Victor Ludorum, Lizé  – hoogste Hy-Tek-punt vir junior meisies, MJ  – hoogste Hy-Tek-punte, senior seuns.

Vossies skitter ook

Lleyton Lira. > Foto: Sheila’s Africa Photography

Ook die Vossies het in in die swembad geskitter en spog met 24 goue -, 25 silwer-, en 26 bronsmedaljes.

Lleyton Lira het nuwe rekords opgestel in die 100m-vlinderslag, 100m-vryslag, en 50 m-vlinderslag.

Mari Bruwer het rekords opgestel in die 100m-vryslag, 50m-vlinderslag, en 50m-vryslag.

Weirich Vorster het ‘n rekord opgestel in die 100m-borsslag.

Die junior Victor Ludorum was Lleyton. Hy spog ook met die hoogste junior seuns Hy-Tek-punt. Die junior Victrix Ludorum is Mari.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Supplied content

This content originated outside of Caxton Local Media, but we thought that you might find it interesting.

Related Articles

Back to top button