Local sport

Merensky se eerste krieketspan wen Limpopo SA20-titel

Die Plasies het hul plek onder die land se beste skoolkrieketspanne verseker ná ’n suksesvolle Limpopo-veldtog.

TZANEEN – Merensky se eerste krieketspan het op Saterdag, 14 November, die Hoërskool Ben Vorster in ‘n opwindende finaal met vyf paaltjies geklop om as die Limpopo SA20 fase 1-kampioene gekroon te word.

Die halfeindstryd en finaal is by Stanford Lake College (SLC) gespeel, waar die Plasies twee uitstekende oorwinnings behaal het.

Afrigter Vicky Esterhuizen en Schalk Rossouw met die trofee.

Halfeindstryd: Merensky teen Stanford Lake College

Merensky het die loot gewen en besluit om eerste te boul. SLC is tot 77/9 in 14.2 boulbeurte beperk, met Schalk Rossouw wat vier paaltjies vir 20 lopies platgetrek het en Waldo Mouton twee paaltjies vir 20 lopies geneem het.

Merensky het die teiken gemaklik in 10.3 boulbeurte bereik en 81/3 aangeteken. Willem Mostert (27 nie uit nie) en Zander Botha (20) was die voorste kolwers. Merensky het die wedstryd met sewe paaltjies gewen en sodoende vir die eindstryd gekwalifiseer.

Eindstryd: Merensky teen Hoërskool Ben Vorster

Ben Vorster het eerste gekolf en 133/9 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken.

Wean Kruger het met die bal uitgeblink deur vier paaltjies vir 22 lopies te neem, terwyl Schalk Rossouw drie paaltjies platgetrek het.

Merensky het die teiken van 134 lopies met selfvertroue aangepak en dit in slegs 17.2 boulbeurte bereik om op 134/5 te eindig. Rossouw (38 nie uit nie), Kruger (29) en Wynand Benade (22) was die voorste kolwers. Merensky het met vyf paaltjies gewen en is as die 2026 Limpopo SA20-kampioene gekroon.

Die Limpopo SA20 Fase 1-trofee.

Die Plasies dring nou deur na fase 2 van die kompetisie, wat van 29 tot 31 Januarie in Benoni plaasvind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Anwen Mojela

Anwen Mojela is a journalist at the Letaba Herald. She graduated with an Advanced Diploma in Journalism at the Tshwane University of Technology. Including an internship and freelancing, Anwen has four years’ experience in the field and has been a permanent name in the Herald for nearly three years. Anwen’s career highlights include a water corruption investigative story when she was an intern and delving into wildlife and nature conservation. “I became a journalist mainly to be the voice of the voiceless, especially working for a community newspaper. Helping with the bit that I can, makes choosing journalism worth it.

Related Articles

Back to top button