School sportSport

Larrie krieket buig knie

King's Cricket School van Louis Trichardt het op 4 Augustus teen die Eerste Krieketspan van Laerskool Tzaneen meegeding in die eerste krieket liga wedstryd van die seisoen.

Die Larries het die loot gewen en het die opponente ingestuur om te kolf.

Neil van Vuuren het met goeie boulwerk die eerste paaltjie ingeoes met vier lopies op die telbord.

Hy het ook die tweede paaltjie laat val op 23 lopies.

Daarna het die opponent vasgestaan en ‘n ongelooflike venootskap van 176 lopies aangeteken voordat die volgende paaltjie geval het.

Kings’s Cricket School teken ‘n totaal van 219 aan in hul toegelate 30 boulbeurte.

Die Larries het begin kolf en vinnig lopies aangeteken totdat die eerste paaltjie geval het op 13 lopies.

Daarna het Ockert Schoeman en Edward Clements vasgestaan, elkeen het onderskeidelik 24 en 10 lopies aangeteken.

Daarna het die Larries egter vinnig paaltjies verloor en kon hul net 105 aanteken.

Die Larries sien uit na die volgende wedstryd wat op 11 Augustus plaasvind te LS Pietersburg Suid.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button