Agri letaba bespreek belangrike kwessies

Agri Letaba het verlede Woensdag 'n baie insigewende vergadering aangebied waar talle landbou kwessies bespreek is.

AGRI Letaba het verlede Woensdag ‘n baie insigewende vergadering aangebied waar talle landbou kwessies bespreek is.

As gevolg van die erns van die hoë voorkoms van landelike misdaad en die gepaardgaande moorde, het Agri SA ‘n protokol vir plaastoegang ontwikkel om die beheer oor persone wat plase betree of oor dit beweeg, te verbeter.

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens is deur Agri SA gekonsulteer oor die toepassing van die protokol vir plaastoegang en staatsdepartemente is ook ingelig oor die toepassing daarvan.

Die protokol bepaal dat geen besoeker toegang tot enige plaas toegelaat sal word nie behalwe deur ‘n vooraf afspraak. In gevalle waar staatsdepartemente ‘n statutêre bevoegdheid het om plase te besoek, moet ‘n reëling met die grondeienaar getref word en hom inlig oor die aard van die besoek.

Die SAP mag wel die plaas betree indien die boer die hoofverdagte is in ‘n saak.

Die protokol borde moet alle toegangroetes tot die plaas bevat. Om in aanmerking te kom om die borde te plaas moet jy egter ‘n lid wees van Agri SA.

Daar is ook ‘n warm debat oor die nuwe grondeise-druk dat kommersiele grond oorgedra moet word. Agri SA wil ook weet van grondeis projekte wat afgehandel is en waarvan die wiele besig is of klaar aferol het.

Sulke projekte wat besig is om te sterf of agteruitgaan moet onder die aandag van Agri SA gebring word sodat dit onder die aandag van die LUR gerig kan word.

Die vergadering het ook gehoor dat daar 10 000 nuwe grondeise landswyd ingedien is.

Wat kommerwekkend is, is dat die begroting wat nodig is minder is as die getal eise wat instroom.

Die Montina grondeis is goedgekeur.

Die dilemma is egter die heropening van grondeise, meer mense eis en minder eise word afgehandel.

Dan is dit baie belangrik dat alle persone/instansies wat op landbou grond besproeiing toepas voor einde Desember 2014 sy water registrasie as korrek moet bevestig. Die maatskappy wat dit in die Letaba/Levuvhu area van Limpopo hanteer namens DWAF, is Envirocon in Polokwane by Antonie van Staden. Na Desember 2014, gaan jy dit by DWAF self moet doen.’n Beroep word op almal gedoen om dringende aandag aan hierdie saak te gee.

Die wal van die Tzaneendam gaan ook nie binnekort opgerig word nie. Die aanvangs datum vir die begin van die konstruksie en oprigting van die kruinsluise van die Tzaneen damwal is al meermale aangeskuif. (Sien volledige berig elders.)

Op arbeids vlak lyk alles rustig. Dis glo net moeilik om vergaderings te belê met al drie rolspelers nl werkgewer, unies en staatsdepartemente om arbeidgeskille op te los. Kinderarbeid onder 15 is ook totaal taboe en kan tronkstraf opgelê word sou jy skuldig hieraan bevind word.

Daar word ook versoek dat persone aansluit by die Landelike Veiligheids Forum.

Elke grond eienaar moet dan ook lid wees van die Letaba Fire Protection Assocation (LFPA).

Indien jy nie ‘n lid is nie, gaan jy geen beskerming geniet nie. Daar moet vuurbreke gemaak word, jy moet vuurblus toerusting in jou besit hê, jy moet beskikbaar wees om die vuur te kan blus, of oor ‘n agent beskik wat dit namens jou kan doen as jy nie beskikbaar is nie, en jy moet ‘n lid wees van die LFPA om beskerming te kan geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button