Frustrasie op frustrasie
Plaaslike inwoners is van Woensdag verlede week af direk geraak toe die landswye staking van poskantoorwerkers ook hierheen uitgebrei het. Geen diens beskikbaar nie: Belangrike pakkies, rekeninge, noodsaaklike dokumente, algemene pos is van die frustrasies waarmee inwoners moet verlief neem todat onderhandelinge eendag afgehandel sal wees. Stakers het ook gedreig dat indien daar nie aan …

Plaaslike inwoners is van Woensdag verlede week af direk geraak toe die landswye staking van poskantoorwerkers ook hierheen uitgebrei het.
Geen diens beskikbaar nie: Belangrike pakkies, rekeninge, noodsaaklike dokumente, algemene pos is van die frustrasies waarmee inwoners moet verlief neem todat onderhandelinge eendag afgehandel sal wees.
Stakers het ook gedreig dat indien daar nie aan hulle eise voldoen word nie, hulle alle onafgelewerde posstukke sal verbrand.
Omstrede parkeermeters is boonop alles ook in Danie Joubert- en Morganstrate geinstalleer waarvoor daar sg slimkaarte gekoop moet waarvan die goedkoopste R20 en die duurste R95 kos. Daar word R15 per kaart afgetrek vir ‘n deposito en parkering kos R5. Die deposito kan glo terug geëis word wanneer die kaart weer terug besorg word.
Dit is dus nie net ‘n kwessie van gaan gooi gou nog geld in ‘n parkeermeter nie, jy moet nog ‘n kaart gaan koop.
Geen mens het vandag meer tyd vir sulke omslagtighede nie en die gemiddelde Jan Alleman het nie altyd die finansies om ‘n hele verskeidenheid kaarte ten duurste aan te koop nie – net vir ingeval en om sodoende ‘n boete (wat begin by R150) te vermy.
Dit is maar slegs twee van die klipp(e)ies in die skoen wat skaaf en baie beslis ‘n uitwerking op die plaaslike ekonomie gaan hê.
Op ‘n meer positiewe vlak het Letaba Herald van Donderdag (11 Oktober) af ‘n hele nuwe, skoner en geordende voorkoms en ons sal graag lesers se kommentaar daaroor wil ontvang.
Geniet die lees.