Agri Letaba: Voorsitter se boodskap
Pieter Vorster, voorsitter van Agri Letaba se Kersboodskap:
Weer eens ān jaar met baie uitdagings en onsekerhede vir die landbou !
Met die grondeise proses wat weer heropen is, het die vraagtekens weer opgeflikker by meeste boere. Landbouers is onseker oor hulle toekoms wat grond aanbetref. Wilde stellings en herhaalde veranderings van rigting tov die grondkwessie het die gevolg van huiwerige beleggings en voortgesette ontwikkelings in die landbou. Die eerste inspeksies van die nuwe rondte grondeise, skop alreeds af vroeg in Januarie 2016 in die Tzaneen omgewing. Daar word vermoed dat meeste gronde wat nog ongeeis is, nou ook gelys gaan word.
Watersake is een van die hoof fokus areas op die oomblik waar elke boer sy gebruik moet bevestig om sodoende sy waterregte te verseker. Steeds sal dit nie ān versekerde bevestiging van reg wees nie, maar jy staan die kans om dit te verloor indien jy dit nie doen nie. Die beheer van water, soos in die verlede en in die hede, kan drasties verander indien daar nie sterk standpunt hieroor ingeneem word nie. Die huidige droeĆ« toestande is uiters kommerwekkend. Weiding is so te sĆŖ onbekombaar en daar word baie geld spandeer aan voer. Dringende verligting is nodig en in baie gevalle al amper te laat.
Op arbeidsvlak staan ons aan die vooraand van die aankondiging vir die volgende 3 jaar se minimum loon vlak vir plaas arbeid, wat vroeg in Januarie 2016 verwag word. 2 Jaar terug se 50%+ verhoging sal moeilikheid beteken, maar die verwagting is dat dit meer realisties sal wees. Of so word gehoop ! Die gesprekke wat vlieg tussen die gange tov ān nasionale minimum loon, is ook ān bekommernis. Steeds is die werkloosheids syfer besig om te styg.
Veiligheid en sekuriteit bly steeds hang soos ān donker wolk. Diefstal, veral elektriese transformers, kabels, ens, het die laaste 3 maande skerp gestyg In die Letsitele/Constantia area alleen is daar 35 transformers gesteel/beskadig die laaste 3 maande !
Met bogenoemde inaggenome, moet ons as landbouers seker al baie moedeloos wees. Soms is ons. Maar ons is boere. Daar is mooi stories wat vertel kan word. Positief sal ons bly, dis in ons bloed !
Daar is ān sĆŖ ding wat lei : āKeep your enemy close, but keep your farmers closer !ā
Wees geseƫnd gedurende die kerstydperk en voorspoed vir 2016.
Pieter Vorster.




