EntertainmentLifestyle

Gesoek ‘n Afrika Kersfees

Kerskaartjies met prentjies van sneeubedekte hout kothuisies en woudtonele met dansende takbokke en briefies Noordpool toe maak my klaar.

Kom ons maak Kersfees hierdie jaar ‘n ware Afrika affêre.

Ons stuur vir mekaar luiperdvel-motief kaartjies of foto’s van waatlemoenskille.

Of in plaas van takbokke, kan ‘n span vlieënde Afrikaner osse, Kersvader (natuurlik geklee in ‘n isiZulu kryger se vel uitrusting) se slee tot op ons huise se dakke trek.

Daar moet tog iets wees wat ons kan doen om Kersfees waarlik ons eie te maak.

Ek stel voor ons vra nie die politici van ons land wat hulle sou doen om hierdie droom te bewaarheid nie.

Ek is heeltemal te bang hulle dink ons nuwe eg-Afrika tradisies van korrupsie en nepotisme sal byval vind.

Stel jou byvoorbeeld voor Kersvader lewer net vier uit elke tien geskenke af en deel die res met sy vriende, ongeag of hulle soet was hierdie jaar.

Of nog erger, wat as hy sy familielede begin aanstel, maak nie saak hoeveel ervaring of kwalifikasies hulle het of nie het nie.

Wag, dalk is die Eurosentriese Kersfees waaraan ons almal so gewoond is, nie die héél slegste idee ooit nie. As julle my soek is ek onder die mistel takke by my voordeur aan’t wag vir ‘n soen.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button