‘n Alleen Kersfees
Het jy al ooit op kersaand alleen gesit op jou stoep se trap Gestaar na vuurvlamme en die knal van klappers – dis nie ‘n grap Jaar na jaar – niemand wat sê geseënde kersfees Niemand wat saam uit die Woord van Sy geboorte lees
Jy hoor mense lag en vrolik sing En al wat dit doen – is om vir jou hartseer te bring.
Alleen met net die klank van ‘n donker nag om jou Niemand om te sê geseënde kersfees en om jou vas te hou.
As jy dit nog nooit ervaar het, sê dankie Heer
Want , vra my – dit pluk jou trane en dit maak seer.
Die storie herhaal homself weer elke nuwejaar
Nog ‘n sit op die trappie – daarna is dit klaar vir nog ‘n jaar.
Elke jaar is dit ‘n herhaal keer op keer.
En ek in my swakheid – het daarteen geen verweer.
Ek vra nie ‘n duur geskenk of ‘n besoek Ook nie ‘n oproep of ‘n duur boek.
Dink aan my – al is dit net een keer Wanneer jy bid – vra net – hou haar styfvas , Heer.



