EntertainmentLifestyle

Amanda Strydom tree op by Merensky

Vir die eerste maal het plaaslike aanhangers die geleentheid om hierdie diva op eie bodem te ervaar.

Amanda Strydom is volksbesit.

Sy is in 2012 vereer met die Erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir haar bydrae tot Afrikaanse musiek.

Sy het vanjaar die Fiësta toekenning gewen vir beste prestasie in ‘n musiekgedrewe produksie vir haar vertoning “Die hele boksemdaais”.

Vir die eerste maal het plaaslike aanhangers die geleentheid om hierdie diva op eie bodem te ervaar.

Strydom kombineer liedjies uit “Die hele boksemdaais” met liedjies uit haar nuutste kabaret “‘n Rugsak vol robyne” vir haar spesiale optrede in Tzaneen by Hoërskool Merensky op Dinsdag, 21 Junie.

Strydom sing in Afrikaans, Engels, Nederlands en Frans en weef haar liedjies saam met stories en gedigte om weereens die skoonheid van die Afrikaanse taal uit te lig.

Soos altyd, is haar vertoning deurspek met humor en patos en plak sy pleisters op seer nerwe.

Gly na quicket.com op die internet en soek vir Amanda Strydom (of gaan direk na qkt.io/amandastrydom) vir moeitevrye besprekings.

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button