Jeugdag deur die oog van Juliana
Letaba Herald het met Juliana Croukamp van Ben Vorster gesels oor Jeugdag wat vandag gevier word.
Volgens haar is Jeugdag gewei aan die jeug van die wêreld.
Juliana sal ook graag wil sien dat daar meer geleenthede vir die jeug gebied kan word om die land te bewonder.
Dwelms raak al hoe meer ‘n probleem onder ons Suid-Afrikaanse jeug.
“Tzaneen vorm deel van die SA jeug. Dwelmgebruik is beslis iets waaraan ons meer aandag kan gee in hierdie omgewing,” vertel Juliana.
Sy sou Jeugdag regoor die land wou vier.
Juliana voel ook dat daar nie genoeg aktiwiteite in Tzaneen is nie en sou graag meer aktiwiteite implementeer wat net op die jeug fokus.
Wanneer volgens haar is mens oud?
“Wanneer jy nie meer lus is om aan die aktiwiteite waaraan die jeug dikwels deelneem en amusant vind deel te neem nie,” sê Juliana.



