EntertainmentLifestyle

Wen groot met Lollos wat in Tzaneen kom vermaak

Die jongspan van Tzaneen kan uitsien na 'n toon-krul-vertoning saam met Lollos. En bonop kan gelukkige lesers van Letaba Herald dubbelkaartjies na die vertoning wen sowel as twee splinternuwe 'Lollos 8 Skatterlag' DVD's, so lees verder....

Lollos is ‘n opvoedkundige Afrikaanse vertoning gerig op kinders tussen die ouderdomme van 1-10 jaar oud.

Lollos-hulle se hele uitgangspunt is om kinders aktief te kry en saam te dans – die vertonings is dus uniek deurdat terwyl hulle lekker saam beweeg en fiks word hul ook iets leer.

Hulle leer onder andere die ABC, hoe om te tel, die dae van die week, hoe om gesond te eet en fiks te raak, hulle leer van ons land, herwinning en vele meer.

Tzaneen se jongspan kry nou die kans om ‘Lollos 8 Skatterlag’ te sien.

Lollos en die karakters is so gewild dat die organiseerders die afgelope paar jaar hulle eie reeks produkte bekendgestel het wat onder andere storieboeke, aktiwiteitsboeke, badprodukte, klere, sagtespeelgoed, rugsakke, beddegoed, kampstoele, ‘n Lollos partytjiereeks en dies meer insluit.

‘n Hele paar van hierdie items sal ook op die dag by die konsert te koop wees.

Wat kan die kleinspan in die vertoning verwag?

Lollos het sy lag verloor. Ewe skielik wil sy vlerkies nie meer klap om te kan vlieg nie, nie eers as die kindertjies lag nie! Dit maak vir Lollos baie mismoedig. Lettie en Disco moet gou ‘n plan beraam om weer Lollos se lag terug te kry. Hulle vra vir Karla om saam met hulle ‘n kompetisie te hou om iemand te vind wat weer Lollos se lagsnare sal kan kielie. Intussen skaterlag die gehoor op die ritme van skreeusnaakse nuwe Lollos-liedjies en hulle kan beslis ook weer die ou bekendes verwag in ‘n opgewekte vertoning met lekker gehoordeelname. Sal Lollos weer sy lag vind? Kom help hom asb soek!

Kyk hier na een van Lollos se video’s:

Gedurende die skaterlag konsert sal daar natuurlik ook ‘n paar van hulle ou gunstelinge van die vorige CD’s en vertonings wees!

Die vertoning sal Saterdag 30 Julie om 10:00 by Fairview Hotel & Village se saal plaasvind.

Kaartjies en meer inligting beskikbaar by info@lomatrio.co.za / 082 410 7682.

Die vertoning word gekombineer met ‘n fondsinsameling vir klein Imke in die vorm van ‘n ‘Doggy Walk.’

Daar sal ook oulike stalletjies wees.

Vir meer inligting oor die Doggy Walk skakel Isinda Snyman by 078 488 0803.

Twee splinternuwe Lollos 8 CD’s sowel as ‘n dubbelkaartjie na die Lollos vertoning kan deur Letaba Herald se lesers gewen word.

Om in aanmerkking te kom vir die pryse, antwoord net die maklike vraag: Wat het Lollos verloor?

Epos jou antwoord na bertus@herald.co.za tesame met jou naam, van en kontakbesonderhede.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button