EntertainmentLifestyle

Tzaneen: Wees deel van die #SAVFLigloop

Die SAVF se vrywilligers is aan die gons oor die belangrike dag wat nou in sy derde jaar deel van die sosiale kalender is in Tzaneen.

Tzaneen se skoner geslag wat ‘n hart het vir haar medemens en barmhartigheid wil betoon aan minderbevooregtes word uitgenooi om deel te wees van die Ligloop.

Die SAVF se vrywilligers is aan die gons oor die belangrike dag wat nou in sy derde jaar deel van die sosiale kalender is in Tzaneen.

Die unieke SAVF-projek gee jou die geleentheid om nie net ‘n huppel in jou stap te sit nie maar ook om vir almal te wys waar jou hart lê.

Die projek beoog dat 100 vrouens 9 kilometer in ‘n prentjie mooi omgewing stap, en die oggend sommer self geniet saam vriendinne met die selfde hart en uitgangspunt.

Hierdeur wys jy dat jy ‘n ligdraer is en Tzaneen en omgewing se gesinne in nood by staan.

Lees: Ligloop ‘n sukses

Die inskrywings fooi beloop R1 100. Vrouens wat inskryf word gevra om ‘n gemeenskapsprojek te loots en die geld wat hierdeur ingevorder word te gebruik as hulle inskrywingsfooi.

Daar is ook ‘n kompetisie verbonde aan die staptog. Die groot vraag en geheim wat ontrafel moet word is, waar gaan daar vanjaar gestap word?

Al die vrouens wat inskryf moet dié vraag beantwoord saam hulle inskrywing. Die prys sal later bekend gemaak word en meer inligting rakende die Ligloop sal weekliks gepubliseer word, sowel as leidrade van waar die Ligloop sal plaasvind.

Die Ligloop sal plaasvind op 16 September en slegs 100 plekke is beskikbaar. Vir meer inligting, skakel die SAVF se kantoor op: 015 307 2645 of 082 773 0471

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Letaba Herald in Google News and Top Stories.

Bertus de Bruyn

Bertus de Bruyn is based in Mbombela, Mpumalanga. De Bruyn has been employed by Caxton since 2009. After a short sabbatical of two years, De Bruyn is back at the place he called home, Caxton, at Lowveld Media. He is currently the digital content manager, but has 14 years of journalism skills, news editor, and acting editor duties behind his name.

Related Articles

Back to top button