Tzaneen: Orgideë blom tydens uitstalling, lok inwoners soos bye
Die Wolkberg Orgideë Groep se uistalling en verkoping het weer talle laat lok na die Lifestyle sentrum.
Volgens Dr Sarel Spies, voorsitter van die groep, was die verkope vanjaar heelwat beter as verlede jaar en is baie goed ondersteun.

Talle inkopie gangers het soos bye om die blomme gedraai, en is nie net met pakkies uit die sentrum nie. Die Orgideë uitstalling word jaarliks aangebied en bied aan kopers dan ook so die geleentheid vir inwoners om ma te bederf op Moedersdag met ‘n prag orgideë.

Lees: TZANEEN: Gaan loer in by die Orgideë Skou
Die orgideë, Vanda Coerulea Laelia Anceps het nogal die aandag getrek met sy prag blomme.

Spies het goeie raad gedeel.
Volgens hom stoot orgideë blomme veral pragtig uit wanneer jy vrot piesangs bo op die grond gedeelte van die pot sit waarin die blom groei. Die piesang se kalium en potasium laat die blomme mooi uitstoot,” het Spies verduidelik.

Hy het ook vertel dat indien iemand ‘n groentetuintjie het by die huis, persone gerus piesang skil om die stammetjie van die tamatie plant kan draai.
Jy sal glo tamaties oes uit ‘n ander wêreld.



