News

Classic Clashes tussen Hoërskool Middelburg en HTS Middelburg is af

Een van die grootste sporthoogtepunte op Middelburg se kalender gaan nooit weer plaasvind nie!

Die FNB Classic Clashes tussen HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg is afgelas.

Lees ook: Classic Clash – Rooi en Groen geesvang.

Terwyl die vreugdevure hoog gebrand het, met die nuus dat Hoërskool Garsfontein bereid is om hul Virsekerbeker-kragmeting teen die Rooies na 8 Mei te skuif, om die derby te akkommodeer, is dit kort daarna geblus met die nuus dat HTS Middelburg se beheerliggaam besluit het om nie op die beplande 12 Mei te speel nie.

Die skool het ’n onmoontlike datum in Augustus voorgestel.

HTS Middelburg sê dat daar na “deeglike besinning deur die beheerliggaam, bestuurpersoneel en afrigters” tot die gevolgtrekking gekom is dat die Rooies se rugbyspelers dan te veel kragmetings binne ‘n kort tydperk sal moet speel.

Lees ook: Classic Clash koors tref dorp

In ‘n amptelike brief aan Hoërskool Middelburg – wat deur mnr. Josef van Eeden (nuwe beheerliggaamsvoorsitter) en mnr. Johan van Jaarsveldt (nuwe hoof) onderteken is – word daar aangevoer dat die wedstryd teen MHS en die gepaardgaande addisionele wedstryd teen Garsfontein nie in die beste belang van die spelers sal wees nie en dat dit ‘n risiko skep vir beserings.

Lees ook: MHS vs HTS Hokkie fotos

In die verklaring het die skool egter erken dat daar vóór die ligabepalings vir 2018 se Virsekerbeker gefinaliseer is, daar geleentheid was om die vriendskaplike derby teen Hoërskool Middelburg te reël.

“Tot ons spyt is dié reëling nie van ons kant getref nie,” lui die verklaring. Die voorstel om die wedstryd op 25 Augustus te speel, is steeds op die tafel. Daar is egter ‘n paar faktore wat teen dié voorgestelde dag tel, waaronder:

• Die matrikulante se rekordeksamen begin reeds op 24 Augustus.

• Die eerste aflewerings van die krieketseisoen is dan al afgestuur.

• Op die rugbyveld sal die fokus dan van vyftienmanrugby na die sewesformaat skuif.

• Baie spanne se seisoene sal dan reeds ‘n geruime tyd afgehandel wees.

Lees ook: Video – Classic Clash HTS vs MHS

*Lesers wat kommentaar wil lewer oor die besluit kan ‘n SMS stuur na 33659 met ‘n naam van die persoon wat die boodskap stuur by. Gratis SMS’e geld nie.

•Die Middelburg Observer berig in sy Vrydag uitgawe meer oor die sage en wie nou eintlik die sondebok is weens die aflas.

www.mobserver.co.za lesers wat videos wil aanstuur met hulle kommentaar kan dit e-pos na [email protected] of na 072 248 3855 WhatsApp.

•Ons publiseer ’n paar foto’s van die laaste paar jaar se hoogtepunte wat ’n tikkie hartseer en paar trane meebring om te dink dit is vir altyd verby. Daar is die lekker gala-aand, optog en die dag se aksie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button