Crime

VIDEO: Skole loop deur onder inbrake

Daar is by laerskole Dennesig, Kanonkop en C.R. Swart, asook by Hoërskool Kanonkop ingebreek. “Ons kan nie skoolterreine patrolleer nie,” sê kaptein Khayisile Zwane, “omdat die skole se hekke gesluit is en die polisie nie terreinpatrollies kan doen nie, hoewel sekuriteitsmaatskappye wel kan”. Die polisie patrolleer wel om die skole. Laerskool Kanonkop se diefstal Saterdag …

Daar is by laerskole Dennesig, Kanonkop en C.R. Swart, asook by Hoërskool Kanonkop ingebreek.

“Ons kan nie skoolterreine patrolleer nie,” sê kaptein Khayisile Zwane, “omdat die skole se hekke gesluit is en die polisie nie terreinpatrollies kan doen nie, hoewel sekuriteitsmaatskappye wel kan”.

Die polisie patrolleer wel om die skole.

Laerskool Kanonkop se diefstal Saterdag op die tweede verdieping van die seniorblok was in daglig, en die boef is duidelik sigbaar op beeldmateriaal.

Twee oorhoofse projektors is in beide inbrake by Laerskool Kanonkop gesteel, en een die naweek by Hoërskool Kanonkop.

Hokkietoerusting is ook by die hoërskool gesteel en duidelike beeldmateriaal is bekom soos by Laerskool Dennesig.

Die twee skole het reeds na mekaar se beeldmateriaal gekyk en stem saam dat dit dieselfde man en vrou is wat ingebreek het.

By Laerskool Kanonkop is net een inbreker, ‘n man.

Die beeldmateriaal wat die Middelburg Observer op die www.looklocal.co.za/Middelburg webwerf gelaai het van Laerskool Kanonkop, het soveel aftrek op Twitter gekry, met die komiese kinkel #selfie en byskrifte soos “domste krimineel”. Lesers kan natuurlik die Observer volg op Twitter by @mobserv.

Laerskool C.R. Swart het die ligste daarvan afgekom met net ‘n digitale fotoraam, ter waarde van R2500, wat vermis word.

Een klasdeur by Dennesig is afgeskop, waar ‘n beursie en klein artikels soos ‘n krambinder gesteel is. By ‘n ander klas, op die derde vloer, vermoed die skool het die inbrekers ‘n vensterknip oopgemaak en so toegang verkry.

In dié klas is al die skool se Mannaprojek blikkies gebuit.

Die polisie se raad aan die skole is om dié vakansie, of alle waardevolle toerusting te verwyder en elders te beveilig, of die hulp van sekuriteitsfirmas in te roep.

“Ons vrees dat die skole die komende vakansie gebuk sal gaan onder inbrake as die tendens nou al ‘n opwaartse neiging toon,” waarsku kaptein Zwane.

Wat die diefstalle uniek maak is dat projektors gesteel word.

“Dit is beslis nie ‘n Robin Hood geval van steel by die wat het en gee vir die wat nie het nie, so gaaf sal die boewe nie wees nie, daar moet ‘n mark wees vir projektors, of die boewe dit nou aan opkomende besighede verkoop of aan verkopers van dié tipe elektronika,” vermoed kaptein Zwane.

Geen arrestasies is tot dusver gemaak nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button