Crime

Bedrog uit tronkselle

'n Plaaslike man sê skelms binne die tronk is net so gevaarlik soos buite, nadat hy amper uit R4000 geswendel is vanuit Zonderwater gevangenis.

Die man, wat sy identiteit weerhou weens die swendelaar se erkenning dat hy in die tronk is vir manslag, sê hy het “Fanie” se nommer Vrydag in die Junkmail gekry waar hy gesnuffel het vir ‘n sleepwaentjie.

Fanie wou R4000 hê voor aflewering maar die man het geweier maar eindelaaste R500 oorbetaal vir brandstof vir Fanie om die waentjie af te lewer.

“Hy sou die waentjie om 12:00 aflewer maar teen 18:00 was daar nog niks.”

Toe hy vir Fanie bel het hy nie die foon geantwoord nie, waarna hy hom van ‘n ander onbekende nommer geskakel het, en die verskoning dat Fanie die verkeerde adres gehad het is aan hom opgedis.

Hy het ‘n kollega gevra om ook navrae te doen oor die waentjie en aan hom is vertel die waentjie is steeds beskikbaar.

“Ek het toe besef dis ‘n slenter toe ‘n verkillende banrekeningnommer vir my kollega gegee is.”

Maandag het sy broer weer vir Fanie gebel wat vir hom gesê het die waentjie is beskikbaar is en dis toe dat hy polisie toe is om die registrasie en IDnommer wat Fanie aan hom verskaf het te laat nagaan.

“Die registrasie is dié van ‘n Nissan dubbelkajuit en die ID nommer dié van ‘n ander persoon.”

“Ek het besluit om hom te konfronteer, my vrou se foon gevat en hom in ‘n ander stem eers uitgevra oor die waentjie, wat hy weer gesê het beskikbaar is,” sê hy.

Een van die foto’s wat die swendelaar vir mnr. X uit die tronk gestuur het. Wanneer en waar die foto geneem is, is onduidelik.
Een van die foto’s wat die swendelaar vir mnr. X uit die tronk gestuur het. Wanneer en waar die foto geneem is, is onduidelik.

“In my eie stem vir hom gesê ‘jou skelm bliksem!’
Hy het daarna aangedring dat ek hom aanspreek as skelm bliksem en nie Fanie nie, wat ek in elk geval glo nie sy regte naam is nie.”

“Skelm bliksem” het hom toe sonder skroom vertel dat hy twee jaar gelede in ‘n kroeggeveg was waarin ‘n man doodgeslaan is en hy nog drie jaar agter tralies sal wees vir manslag.

“Hy sê hulle gebruik prisoniers se families om vir hulle advertensies aanlyn en in niche koerante te plaas en dat selfs tronkbewaarders in is op die slenter.

Volgens “skelm bliksem” maak hy daagliks sowat R400 wat hy met korrupte bewaarders en die hulpverleners wie se rekeninge hulle gebruik, deel.

Hulle gebruik onder meer OLX en Junkmail vir hulle skelmstreke.

“Wat my stomslaan is dat die polisie sê daar’s geen misdaad gepleeg nie, en al vang hulle die ou kan hulle niks aan hom maak nie.”

Volgens die bedrogspeurder Ross Rossouw “moet die klaer aandring by die stasiebevelvoerder dat ‘n saak geopen word”.

Hy sê beheeraanklaers moet besluit of daar ‘n saak is of nie.

“Die bankrekeninge moes lankal nagegaan word,” sê Ross.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button