Crime

Miljoene se juwele gesteel

Daar is Donderdagnag tydens ’n inbraak by Hattingh en Seun Juweliers met meer as R3 miljoen se edelmetale- en gesteentes op die vlug geslaan.

Altesaam vyf kluise vol juwele is oopgesny en leeggemaak.

Al wat na die inbraak in die winkel agter gelaat is, was tongringe en muur- en staanhorlosies wat om die uur, Vrydagmore, in die leë winkel geslaan het.

Volgens kaptein Khanyisile Zwane is daar toegang tot die juwelierswinkel verkry deur die dak nadat die teëls gesny is.

Mnr. Lourens Hattingh, eienaar en juwelier, is eers die volgende more deur Martin’s Funerals, van die inbraak in kennis gestel, hoewel daar verskeie ogies deur Mid-Alarms in die dak self aangebring is.

Mnr. Hattingh sê hy het net drie weke gelede gevra dat Mid-Alarms die hele sisteem in sy winkel kom toets en alles was in orde.

Mnr. Hattingh sê dat die boewe die hele alarmsisteem se drade uitgepluk het en dat dit voorgehou word as rede hoekom die sisteem nie gewerk het nie.

Die seun in Hattingh en Seun Juweliers, mnr. Edmund Hattingh, afgeneem Vrydag voor die leë juweliersrakke na 'n inbraak by die besigheid die vorige nag.
Die seun in Hattingh en Seun Juweliers, mnr. Edmund Hattingh, afgeneem Vrydag voor die leë juweliersrakke na ‘n inbraak by die besigheid die vorige nag.

Selfs al was daar ’n noodsein, is Mid-Alarms volgens kontrakstipulasies nie verplig om die kliënt te skakel nie.

“Hulle het aan my bevestig dat geen noodsein ontvang is nie,” sê mnr. Hattingh, wat steeds wag op ’n aanvaarbare verskoning oor hoekom die ogies hulle nie toe hulle by die dak ingeklim het, opgetel het nie?

Mnr. Hattingh sê dat talle persoonlike artikels en ’n paar diamante gesteel is naas die goue en silwer ringe, horlosies en ander juwele.

“Daar was gelukkig nie baie artikels van kliënte tydens die inbraak gebuit nie,” het hy bittersoet gesê.

Mnr. Drikus Oosthuizen van Mid-Alarms sê dat hoewel hulle nie kontraktueel verplig is om die kliënt van ’n alarm in kennis te stel nie, vrywaar dit nie die maatskappy van sy kontraktuele verpligting om die perseel te besoek nie.

Hy sê Mid-Alarms sal mnr. Hattingh se alarmpaneel nou na die verskaffer stuur om te bepaal of die ogies wel gewerk het en die alarmsisteem onaktief gestel is voordat die sein die beheerkamer kon bereik.

“In die geval was dit ’n kwessie van dat ons nie die kliënt in kennis kon stel nie omdat daar geen alarmsein was nie,” sê mnr. Oosthuizen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button