Crime

So lyk panga-aanvaller

'n Gesigprofiel is saamgestel van die pangaman wat 'n egpaar wreed toegetakel het by Pienaardam.

Me. Catharina Fourie sê sy en die gesigsamestelling-spesialis het die identikit “chop-chop gedoen” omdat die aanvaller se gesig soos ‘n foto in haar gedagtes vassit.

Nadat hulle vir haar die gesigprofiel gewys het, was sy tevrede: “daai man is die pangaman”.

Me. Fourie en haar vriend, Deon van der Merwe, is op 7 Maart vanjaar in die boshut by Pienaardam aangeval.

Die panga-aanvaller het hom oor die been gekap, waarna sy makker mnr. Van der Merwe met ‘n hamer so gewelddadig toegetakel het, dat hy sy bewussyn verloor het. Me. Fourie het later die hamer-aanvaller uitgeken as Mduduzi Nkosi deur middel van ‘n foto wat die Observer vir haar gewys het.

Die panga-aanvaller het haar geweldig gemartel en oor haar blad, bors, hand en maag gekap. Nadat hy hul twee selfone en beursie gevat het, het hy by die deur omgedraai en vir haar gesê: “I will be back for you!”

Sedert die identikit saamgestel is, het me. Fourie gemengde gevoelens. “Ek hoop dit help noudat sy gesig gedoen is en dat hy gevang word. Maar aan die ander kant, hy hét gesê hy gaan terugkom.” Sy vrees elke tree buite haar blyplek, omdat sy bang is sy loop weer in hom vas.

Die pangalem wat op haar neerreën onthou sy soos gister. “Dit was ‘n ou, geroeste panga wat hy gebruik het. Dit is hoekom my duim nie gesond wil word nie.”

Die aanvaller het met die laaste kap na haar keel gemik, maar me. Fourie het gekeer en haar duim is byna van haar hand afgeruk. Dié hand sukkel geweldig om gesond te word.

• As enigiemand die persoon op die gesigprofiel herken, bel adj. Tobias Mogadime by 079 878 7941.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button