Crime

Jong vrou se ma vermoor

'n Inwoner van Middelburg se ma is op Bela-Bela vermoor.

Me. Annika Müller (20) se ma, Mia Riekert (45), is op die Noodhulp-hoewes buite Bela-Bela aangerand.

Sy is kort daarna by die St Vincent’s Hospitaal dood verklaar. Me. Riekert het talle beserings aan veral haar kop gehad.

Teen druktyd was die presiese oorsaak van haar dood nog nie bekend gemaak nie.

‘n Roudiens word vandag (Vrydag) by die El Shaddai-kerk op Bela-Bela gehou.

• Me. Riekert se man, Lodewyk Riekert, is op 18 April, kort na die afsterwe van me. Riekert in hegtenis geneem.

Hy het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn en die saak is weer uitgestel na 29 April vir borgaansoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button