Crime

Polisiediens? Daar is geen diens!

Misdadigers word vrygelaat of nie gearresteer nie, veral waar blankes as klaers optree in Hendrina, het inwoners van dié dorpie die afgelope week gekla.

“Pogings om samewerking te bewerkstellig met die SAP op Hendrina het al verskeie kere misluk. Die Polisie Forum is ’n klaaglike mislukking met lede wat betaling vereis om op die komitee te dien, planne wat beraam is om misdaad te bekamp waarvan niks gekom het nie, daar nie voertuie beskikbaar is nie en korrupsie onder lede.”

Daar word vertel dat klaers al weggewys is wat beroof is en die lede aan diens vir die vroueklaer gesê het “om die verdagte te bring voordat ’n saak geopen kan word.”

Ongelukstonele word bygewoon deur lede wat nie weet wat hulle doen nie en selfs weier om ’n ongeluksverslag op te stel “omdat die lid nie daar was en gesien het wat gebeur het nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button