Crime

Almal soek ‘n stukkie ‘koek’

Die land se ekonomie en Jan Alleman mag dalk die knyp van 'n dreigende resessie voel, maar vir dwelmhandelaars groei die mark daagliks.

Die Middelburg Observer het inligting bekom dat daar verskeie “amateur dwelmverkopers” is wat probeer om die dwelmmark in Middelburg binne te dring. Buitelanders en selfs jong mans slaan so te sê vuis om ‘n stukkie van die dwelmkoek te kry.

Volgens ‘n betroubare bron is daar verskeie nuwe handelaars op die dorp.

‘n Groep jong mans van ander stede, het die afgelope tyd op een of ander manier ‘n groot klomp dwelms van ‘n bestaande handelaar afgevat.

Hulle het verskeie prostitute genader om te hoor of hulle bereid sou wees om as verspreiders op te tree.

In hul besit het hulle ‘n groot hoeveelheid Cat (metamfetamien) en Chrystal Meth (kristal metamfetamien) gehad.

Die groep, met byderwetse haarstyle en motorfietse, het egter self deur hul eie voorraad gewerk en het later niks oorgehad om te verkoop nie..

• Intussen is ‘n prostituut deur ‘n bekende dwelmhandelaar aangerand nadat hy haar daarvan beskuldig het dat sy klandisie na ander handelaars in plaas van na hom verwys.

• Jude Obiano, ook bekend as Chico of Kenny, word dikwels tussen die prostitute gesien.

Hy verruil glo goedere wat hulle van kliënte steel vir dwelms.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button