Crime

Grafte opgegrawe

’n Gewyde stilte het geheers toe ’n paar familielede in die kerkhof op die plaas Welverdiend (Douglas-pad) byeen gekom het terwyl hul voorgeslagte se grafte opgegrawe word.

Dié grafte moet verwyder word sodat daar eersdaags in die omgewing gemyn kan word.

Mnr. Trust Mlilo (van Zumbululo Heritage Solutions) het as argeoloog toesig gehou oor die proses. Hy het verduidelik dat hulle in opdrag van die myn en die Erfenisstigting al die reëlings getref het.

Mnr. Trust Mlilo (van Zumbululo Heritage Solutions) hou toesig terwyl die grafte opgegrawe word.
Mnr. Trust Mlilo (van Zumbululo Heritage Solutions) hou toesig terwyl die grafte opgegrawe word.

Mnr. Candelish Ramavhulela (van Mafu’s Funerals, eMalahleni) het met sorg die oorskot in nuwe kiste geplaas en dit is later dieselfde week herbegrawe.

•Mnr. Frans Mahlangu (assistent argeoloog) was die hoof grafopgrawer tydens die proses. Hy het meer as 20 jaar ondervinding.

• Lees elders meer oor die familiegeskiedenis van die grafte.

Mnre. Frans Mahlangu (assistent argeoloog) en Josiah Mhlangu besig om die oorskot versigtig uit te grawe terwyl die familie toekyk. Frans het meer as 20 jaar ondervinding as grafopgrawer.
Mnre. Frans Mahlangu (assistent argeoloog) en Josiah Mhlangu besig om die oorskot versigtig uit te grawe terwyl die familie toekyk. Frans het meer as 20 jaar ondervinding as grafopgrawer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button