Crime

Opvolg: Fiets terug by sy baas

Net so vinnig soos wat hy gesteel is, so vinnig is hy teruggevind. Neels Liddle se American Chopper is gisteraand in die bosse naby die Middelburg Mall deur iemand wat gaan hout kap het gekry.

Sadam (van onbekend) bly in ’n sinkhuis agter in ’n erf in Aerorand.

Hy tree as opsigter op terwyl daar huis gebou word.

Hy het volgens Louis Pieterse, sy buurman oorkant die straat, gaan vuurmaakhout soek in ’n bos langs Twelopelestraat.

“Sadam het my kom roep en gesê hy het ’n motorfiets in die bos gekry.”

Die twee mans is terug na die bos toe waar die motorfiets, toegepak met takke, gestaan het.

“Ons het die takke afgehaal en ek het dadelik gesien dit is die fiets wat een van my vriende, Jaco Brits, op Facebook gesit het.”

Teen 17:45 was Neels Liddle herenig met sy fiets, ’n Warthog wat volgens unieke spesifikasies ombou en enig in sy soort is.

“Ek kan dit nie glo nie. Dit is once in a million dat dit gebeur. Hy het nie ’n skrapie op nie” het mnr. Liddle laat weet.

Hy vermoed dat die skelms eers wou kyk of die motorfiets nie dalk een of ander opsporingsisteem ingehad het nie.

Of hulle het beplan om hom Maandagnag te kom laai.

Sadam sal binnekort R10 000 ryker wees wanneer mnr. Liddle sy beloning aan hom gaan oorhandig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button