Crime

VIDEO: Seinbrekers maklik in en uit

’n Skokvideo wat wys hoe maklik dit is om by jou kar in te breek is die week met die Observer gedeel en uit die video blyk dit dat boewe nie jou sentrale sluitsisteem se sein te blok nie, maar bloot hul eie afstandbeheer kan gebruik.

Die inwoner van Kanonkop, wie se skootrekenaar en selfoon uit sy bakkie voor die winkel by Kanonkop Vulstasie gesteel is, sê hy was letterlik ’n meter van die skelm af besig om geld te trek by die Absa OTM.

Wat meer is, die boef kom by die vulstasie aan met sy eie kar met makkers in ’n tweede kar.

Die misdadigers kom saam daar aan en ry saam weer uit.

Op die video kan duidelik gesien word hoe die bestuurder van die tweede motor homself baie besig laat lyk terwyl sy grootgesette misdaadmater eers die bakkie van die slagoffer inspekteer voordat hy terugloop en iets vir sy bendemater beduie, dan terugdraai na die bakkie en rustig die diefstal pleeg.

Hy druk die kontrole, maak die deur oop en druk sy arm agter die sitplek in waar die skootrekenaar weggesteek is.

“My selfoon was op laai in my bakkie en net die laaikabel was sigbaar,” sê die slagoffer wat lank gewik en weeg het of hy die beeldmateriaal wat reeds op 14 Mei geneem is, met die publiek moet deel.

“Mens het sekerlik die verantwoordelikheid om die mense te waarsku,” sê hy oor die goeie daad.

Die hele misdaad speel binne 14-sekondes af.

Kaptein Khanyisile Zwane sê diefstalle uit motorvoertuie het die afgelope paar weke ’n beduidende afname getoon.

Sy kon glad nie sê hoeveel sake verbind kan word met sein-blokkers nie “omdat die polisie nie die modus operandi vasstel nie, alle insidente word bloot gelys onder diefstal uit motorvoeruie”.

•Die slagoffer het gevra dat hy anoniem bly.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button