Sien boef op fiets wegry
'n Gesin van Diamantlaan in Mineralia moes hulpeloos toekyk hoe 'n boef met hul fiets wegry.
Ansie Rabie sê dat hulle vroegoggend wakker was nadat die honde vreeslik aan die blaf gegaan het.
Haar man, Gert, het by die venster uitgeloer.
Wihan (8) het die fiets feitlik in stukke by iemand gekry.
Hy het sy spaargeld gebruik om die fiets reg te maak, ‘n spesiale sitplek, wiele en aspenne op te sit waarmee hy toertjies kon doen.
Die fiets word beskryf as ‘n goue kleurige Mongoose BMX Trick Bike.
Dit het ‘n swart sitplek met dun rooi strepie daarop.
Een van die rem handvatsels is afgebreek en die fiets het penne op die wiele se aste waarmee toertjies gedoen word.
Die linkerkantste aspen op die agterwiel is effe gebuig.
Daar is ‘n saak van diefstal by die polisie geopen.
Indien iemand die fiets opmerk kan hulle mnr. Rabie bel by 084 645 1434.
