Crime

Vier fietse gesteel

Vier fietse is in die bestek van twee dae by 'n gesin in Joubertstraat (naby die OK Grocer) gesteel.

Volgens me. Yolandi Dreyer is die eerste bergfiets verlede Dinsdag deur die loop van die dag gesteel. Met hul tuiskoms was die ander fietse nog daar.

Woensdag deur die loop van die dag is hul seun se kleiner bergfiets, asook ‘n resiesfiets gesteel.

Me. Dreyer sê die fietse was glad nie van die pad af sigbaar nie en het onder ‘n afdak agter hul buitekamer gestaan.

“Iemand moes ons dopgehou het!”

Sy doen ‘n beroep op die gemeenskap om uit te kyk vir enige persoon wat fietse probeer verkwansel, hetsy privaat of aan pandjieswinkels.

As iemand enige inligting het, kan hulle haar bel by 072 423 5224.

• Die twee groot bergfietse is sowat R3 000 elk werd. Dit is chroom bergfietse met blou plakkers (Ralleigh UTAH). Die kleiner bergfiets en resiesfiets was beide rooi.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Caxton Reporter

Caxton Local Media’s readership remains the highest in the communities that it serves. The group has 123 newspapers with representation in the majority of provinces across the country and over 60 community news websites.
Back to top button