Pasop vir vals geld
'n Sakeman waarsku ander sakelui dat daar weer vervalsde geld in omloop is.
Mnr. Kappie Kapp sê dat hy geen idee het wanneer die vervalsde noot in sy besigheid se kasregister beland het nie.
Die geld is effe dikker as die ware Jakob en het swart in plaas van silwer strepies op. Die watermerk is ook ‘n swak nabootsing.
Daar is vertroulik verneem van nog ‘n persoon wat met vervalsde geld om die bos gelei is. ‘n Inwoner van Arnot het daarin geslaag om ‘n prostituut en ‘n dwelmhandelaar in Middelburg om die bos te lei met geld wat heel moontlik op ‘n hoë definisie drukker gedruk is.
Hy het die vervalsde geld vebloem deur dit toe te vou tussen ‘n geldige noot en so vir dwelms en seks te betaal.
• Kaptein Khanysile Zwane sê dat daar geen gevalle van vervalsde geld by die Middelburg Polisie aangemeld is oor die afgelope week nie.
