Crime

Bejaarde met knopkierie geslaan

'n Rower het deur die nou ingang van 'n veiligheidshek gekruip, wat dien as deurgang vir 'n klein hondjie.

“Ek het gedink dit is my seun by die Trellidor en het nog gesê: ‘Hannes ek kom’, die volgende oomblik het hy voor my gestaan, het die 80-jarige me. Anaat Bell Donderdagoggend gesê.

Sy het op die indringer geskreeu en gevra wat hy in haar huis soek. “Ouma, ek soek geld!” het hy teruggeskreeu. Daarna het hy op haar afgestorm en ‘n stoeiery het tussen hulle ontstaan. “Tussendeur het hy vir my gesê hy gaan my doodmaak.”

Die stoeiery het vanaf die gang tot by haar kamerdeur volgehou, waarna sy op die grond geval het. Hy het vir haar gesê: “Slaap ouma!” en laaie in haar kamer begin ooppluk opsoek na juwele en kontant.

Me. Bell het weer opgestaan en gespring na die hoek van haar kamer waar ‘n knopkierie staan. Sy het dit gegryp en het probeer om na hom te slaan.

Hy het egter die knopkierie uit haar hand gepluk, haar met sy arm om die nek vasgedruk en met die ander hand haar oor die rug met die knopkierie bygedam.

Me. Bell se seun, Hannes, loer deur die gaatjie onder die veiligheidshek waar 'n booswig deurgeklim het om toegang tot die huis te kry. Dié gaatjie is vir die klein hondjie om toegang tot die huis te hê.
Me. Bell se seun, Hannes, loer deur die gaatjie onder die veiligheidshek waar ‘n booswig deurgeklim het om toegang tot die huis te kry. Dié gaatjie is vir die klein hondjie om toegang tot die huis te hê.

Die wurggreep om haar nek was só gewelddadig dat haar valstande uit haar mond geval het.

Toe sy duiselig word en weer val, het hy haar seëlring, twee selfone en kontant in die kamer gegryp, die sleutels uit die deur uitgepluk en die kamerdeur van buite gesluit.

In die sitkamer het hy nog ‘n selfoon gevat en weer deur die gaatjie aan die onderkant van die veiligheidshek gekruip.

Me. Bell het deur die kamervenster vir hulp geroep en ‘n buurman het tot by die muur gekom om te hoor wat aangaan. Hy het die boosdoener in haar erf se oprit gesien en vir hom geskreeu: “Ek sal jou vrekskiet!” Die aanvaller het oor die hek gespring en verdwyn.

• Me. Bell se seun moes later die diefwering van die venster afsaag om by die kamer in te kom. Hulle moes ook die kamerdeur afhaal om haar te bevry.

• Me. Bell se hondjie, Tinkerbell, was skoonveld na die aanval. Hulle het haar later bewend agter in die erf gekry. Sy het aanvanklik erg tekere gegaan tydens die gebeure in die huis, maar het later weggehardloop.

• Die aanvaller was ‘n baie skraal, jongerige man met ‘n hoedjie op sy kop. Hy was heeltemal in swart geklee.

• Die aanval was 10:30 Woensdagoggend in Jeppestraat.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button