Crime

Dorp aan gons oor kaping

Die hele dorp was Vrydag 08 Augustus in rep en roer nadat 'n vrou in haar groen Mazda Sting "gekaap" is by die Wonderpark Sentrum nadat sy gaan geld trek het om 07:00.

Volgens die polisie het me. Magriet Joubert, R4500 getrek, waarna sy deur twee mans by haar kar in die parkeerterrein gekonfronteer is.

Hulle het haar met ‘n mes gedreig en beveel om te ry.

Die mans het op die Onverwacht-pad na Stoffberg met haar gery waar hulle haar beveel het om te stop, en met haar geld op die vlug geslaan het.

Die kaping is net na 11:00 op al wat radiogroep is uitgesaai en me. Joubert is kort daarna ongeskonde gevind.

Sy was egter baie getraumatiseer en die polisie kon nie dadelik ‘n verklaring by haar afneem nie.

Soos die soektog gevorder het, het die motor se kleur en beskrywing telkemale verander, eers was dit ‘n groen Mazda Sting, toe ‘n goue Mazda Etude, en later weer ‘n rooi Mazda Etude.

Vertellings oor waar die vrou gekaap is het ook verskil, met berigte dat sy in Koppiestraat oorrompel is terwyl ander weer gesê het in Wesstraat.

Volgens Aerorand radiogroeplede is hulle in weer in kennis gestel dat sy op ‘n grondpad naby Selonsrivierstraat in Aerorand gevind is, en nie op die Onverwacht-pad nie.

Die lede sê dat die vrou deur die kapers beveel is om op die agterste sitplek plat te lê.

Sy het haar selfoon by haar gehad en boodskappe na vriende gestuur oor waar om haar te vind.

Die polisie sê ‘n roofsaak word ondersoek.

Me. Joubert wou nie met die koerant praat nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button