Crime

Opvolg: By vrieskas ingeskop

Daar is Dinsdag 12 August in grafiese detail vertel hoe mnr. Koffie en Elna van Heerden se lewens in Januarie 2013 tot 'n einde gekom het by huis nommer 42, Fitzgeraldstraat, Belfast.

Een van drie beskuldigdes wat vir die moord van die bejaardes tereg staan, Bongani Jospeh Ncongwane (23), het gesê die rede hoekom sy vorige advokaat onttrek het, was omdat hy sy pleit van skuldig na onskuldig verander het, weens druk van sy mede-beskuldigdes, Irvin Brown Nkosi (19) en Sibusiso Charles Sibanyoni (27).

Sedert Maandag was daar baie bespiegeling onder hofgangers oor waarom Ncongwane nie soos Nkosi en Sibanyoni voorgehou het dat hulle deur die polisie gemartel is om uitwysings, verklarings en bekentenisse af te lê nie.

'n Arrogante Irvin Brown Nkosi (19) het die week aan die Observer gesê hy sal nooit tronk toe gaan nie, maar teen Woensdag was sy geesdrif gedemp en het selfs die "vuurheks" van Shembe se muthi nie meer gewerk nie.
‘n Arrogante Irvin Brown Nkosi (19) het die week aan die Observer gesê hy sal nooit tronk toe gaan nie, maar teen Woensdag was sy geesdrif gedemp en het selfs die “vuurheks” van Shembe se muthi nie meer gewerk nie.

Nadat regter Ndawoyakhe Tshabalala beide Nkosi en Sibanyoni se getuienis oor die martelings in ‘n binneverhoor Dinsdag verwerp het, is hulle uitwysings, verklarings en ‘n bekentenis deur Nkosi, in die verhoor toegelaat.

Nkosi was bekend met die bejaarde egpaar en dis waarom hulle die huis geteiken het die aand van 8 en 9 Januarie 2013, het Ncongwane getuig.

Voor hul vertrek na die egpaar se huis, het hulle die heroïen en daggamengsel, Nyope, gerook en by verskeie vensters van die huis, inbreekplek gesoek.

Ncongwane was bang dat daar iemand by die huis sou wees, maar Nkosi het hom gerusgestel en gesê hy ken die “wit oupa wat alleen daar bly”.

Na ‘n lig en alarm hulle gesteur het, en dit geen reaksie in die huis ontlok het nie, het die drie die diefwering van ‘n venster gebreek en ingeklouter.

In dié kamer was ‘n glasdeur wat deur Nkosi vir hulle oopgesluit is nadat Ncongwane en Sibanyoni hom deur ‘n venster langs die deur getel het.

Die drie het toe handeviervoet deur die donker huis gesluip tot by die hoofslaapkamer.

Ncongwane sê dat hy iemand op die bed gesien en die figuur gegryp het.

In die worsteling kon die figuur daarin slaag om die ligskakelaar bo die bed te druk – dit was me. Van Heerden.

In die vlietende oomblik dat die lig aan en toe weer af was, het Ncongwane mnr. Van Heerden skielik sien regopsit met ‘n wapen. Sibanyoni het die wapen by hom afgeneem.

Die Shembe "vuurheks" (middel) wat muthi vir twee beskuldigdes in die Belfast vrieskasmoorde aangedra het hof toe die week. Die vrou het Observer joernaliste vervloek en gesê hulle sal die dag berou wat haar foto geneem is. By haar is twee bloedjong meisies. Die een in die rooi is Dinsdag oor haar bors deur beskuldigde 2, Nkosi, gelek en gesoen voor almal in die hof.
Die Shembe “vuurheks” (middel) wat muthi vir twee beskuldigdes in die Belfast vrieskasmoorde aangedra het hof toe die week. Die vrou het Observer joernaliste vervloek en gesê hulle sal die dag berou wat haar foto geneem is. By haar is twee bloedjong meisies. Die een in die rooi is Dinsdag oor haar bors deur beskuldigde 2, Nkosi, gelek en gesoen voor almal in die hof.

Me. Van Heerden is eerste vasgebind, eers haar voete, toe haar hande, waarna ‘n broekie in haar mond gedruk, en haar mond deur Nkosi toegebind is.

Nkosi en Ncongwane het in twee kamers op geld afgekom en dit gebuit.

Sibanyoni en mnr. Van Herden was in die “kantoor waar die vrieskaste was” toe Ncongwane en Nkosi mev. Van Heerden op die hoofslaapkamermat gelos en hul makker gaan soek het.

‘n Broekie is ook in sy mond gedruk toe Nkosi hom vasgebind het. Nkosi het mnr. Van Heerden met ‘n wapen oor die kop geslaan, en in die arm met ‘n knipmes gesteek.

Die besluit om die bejaardes in een van twee vrieskaste te gooi, is deur Nkosi geneem, omdat die egpaar hom geken en gehelp het in die kinderhuis op Belfast in sy opgroeidae. Daar is getuig hoedat die bejaarde mnr. Van Heerden se kop geskop is om hom in die vrieskas te kry.

“Beide was lewendig toe hulle in die vrieskas gegooi is,” het Ncongwane gesê.

Beide Nkosi en Sibanyoni se bravade het tydens Ncongwane se getuienis verdwyn.

Die twee was die heel week baie oproerig in die hof waar Nkosi openlik by ‘n joernalis aangelê en gevra het vir haar foonnommer en ‘n soen.

Hulle is deurentyd deur ‘n “vuurheks” van die Shembe kerk bygestaan, wat moetie aan beide verskaf het, sy is later gehoor sê die moetie werk nie en het die Observer joernaliste vervloek.

Nkosi het glo tydens ‘n verdaging aan ‘n tolk genoem dat hulle “advokaat Erasmus gaan verwurg”.

•Voor druktyd was daar nog nie uitspraak gelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Gerhard Rheeder

I have been a journalist for two decades, with numerous awards to my credit, both in photography and writing. A brief stint as researcher in the opposition offices of the Mpumalanga Provincial Legislature, honed my skills as specialist local government reporter, covering crime and courts.
Back to top button